flink Flink April 2020 - Page 21

OP ONS KULTUURRAK “Boeke laat jou reis sonder dat jy die huis hoef te verlaat. Lees en bly veilig.” -bo eke KLIK – Rudie van Rensburg Die katastrofiese koronavirus-pandemie maak dat ons almal meer tyd by die huis deurbring om ons medemens te beskerm. Jou sosiale kalender lyk dus bra kaal, maar jy kan nooit te eensaam raak as jy boeke het om jou geselskap te hou nie! Tydens die landswye inperking gaan jy ongelukkig nie jou boekrak met papierboeke kan vul nie, maar die goeie nuus is dat jy steeds op verbeel- dingsvlugte kan gaan met ons groot versameling e-boeke en luisterboeke. ? Het jy geweet? Baie mense dink dat jy 'n spesiale toestel benodig om e-boeke te lees, maar jy hoef nie 'n Kindle te hê om al jou gunstelingboeke in digitale vorm te geniet nie. Jy kan die Amazon Kindle, Kobo, of Snapplify-toepassings op enige toestel aflaai en Suid-Afrikaners kan ons boeke op enige van die volgende platforms (wat oop gaan bly tydens inperking) aankoop: • Amazon.com • Kobo.com • Snapplify.com Om e-boeke by Takealot.com te lees, moet jy 'n gepaste toestel hê, dit registreer vir 'n Adobe ID en die e-leser by Takealot aflaai. Jy kan ook luisterboeke by Audible.com koop en op jou rekenaar, tablet of slimfoon daarna luister. Laai die Audible-toepassing af en begin luister. Jy kan vir Audi- ble se maandelikse subskripsie inteken of jy kan boeke een-een aankoop sonder 'n maandelikse fooi. NB-Uitgewers het ook met Netwerk24 saamgewerk sodat hul intekenaars elke maand gratis toegang het tot sekere luisterboeke. Teken in op NB-Uitgewers se nuusbrief om hulle aanbevole leesstof gedurende die inperking te ontvang of volg hulle sosialemediaplatforms: • Facebook: @NBPublishers @Storierak @LuxVerbi @NBSkoleSchools @PharosDictionaries Dié boeke is in Pdf-formaat en kan op 'n rekenaar of skootrekenaar gelees word. Dit kan bestel word by support@proteaboekwinkel.com • • • • • • Bloujaar Die Rietrotte en die rowers 2 Die Rietrotte van Rietvallei Hoër Die Uile van Kranskop 1 Skryn Stuur my groete aan Salomé • Instagram: @nbpublishers @luxverbi • Twitter: @NBPublishers @KwelaBooks Aanbevelings is volgens tema ingedeel en sal binnekort nog versamelings insluit. Die volle- dige lys van NB-Uitgewers se beskikbare e-boeke en luister- boeke sal op hulle webtuiste beskikbaar gemaak word. AFRIKAANS 21