flink Flink April 2020 - Page 18

Kunstenaars, Covid-19 en kreatiwiteit Die Kuns- en Vermaaklikheidsbedryf was die eerste wat onder die gevreesde virus en inperking deurgeloop het. Kunstefeeste soos die KKNK, konserte en vertonings is oornag gekanselleer. Lizz Meiring Louw Breytenbach & Marinda Sauermann Louw Breytenbach van LALN (Live Arts Little Theater) bied aanlyn dramaklasse aan studente en voornemende kliënte aan wat graag hul kinders se kreatiwiteit gedurende hierdie tydperk wil stimuleer. Hulle publiseer weekliks twee klasse op Google Classroom waarvan die toep op 'n tablet of selfoon afgelaai kan word. Die bekende aktrise Lizz Meiring, het vertel dat sy met haar vertoning alleen R200 000 verloor het as gevolg van die kansellasie van die KKNK. Lizz het reeds haar hande stompies vir die Teaterbystandfonds gewerk wat almal in nood in die bedryf help – van bejaarde akteurs tot sitplekaanwysers. Nou gaan hulle waarskynlik oorval word. Gelukkig is talle kunstenaars, kunssinniges en ander in die uitvoerende kunste kreatief en het besluit om 'n plan te maak. 18 AFRIKAANS Marinda Sauermann is al jare lank in Hartbeespoort bekend vir haar buikdansklasse waaraan oud en jonk deelneem. Sy werk volgens 'n leerplan, maar gee nou aanlyn klasse sodat haar huidige studente nie agter raak nie. Weens die ekonomie verwag sy egter nie veel nuwe studente nie. Baie vroue dink ook hulle is te “oud” hiervoor, maar die teendeel is eerder waar. Sy het reeds drie aanlyn platforms vir groep-, privaat-, en onderwysklas- se. Die groot werk is om vir elke student individueel terugvoer te gee. Sy gebruik haar ruim ateljee nou vir die aanlyn klasse. Terry Venter Terry Venter is 'n kunste- naar wat aanlyn klasse in houtskool en potlood aanbied. “Ek benader die proses baie analities en bied dit in verstaanbare kompo- nente aan waar almal hul portretstudies in minder as sewe ure voltooi. “Ek glo met die inperking kan dit mense se kreatiwiteit stimuleer en hul gedagtes van die huidige omstandig- hede aflei – al is dit ook net vir 'n rukkie lank. Almal kry vooraf geïllustreerde notas met my werkmetodes en wan- neer ons dan die eerste konferensie- oproep doen, sal hulle reeds 'n idee hê wat om te doen. Hulle het dan ook die geleentheid om ander kunstenaars te ontmoet en by mekaar te leer. Ek bied die kursus teen 'n derde van die gewone prys aan.”