flink Flink April 2020 - Page 15

Albrecht Holm, voorsitter van Beweging Red Kerkplein se boek amuseer en inspireer Afrikaans, maar my Engels en Duits is ook goed. Ek lees Afrikaans, Engels, Duits, Nederlands, Vlaams en met 'n bietjie gesukkel Noors, Sweeds, Deens, Italiaans en Spaans en selfs 'n bietjie Grieks. Sy liefde vir argitektuur is waarskynlik oorgeërf en hy noem boutradisie 'n ou “siekte” van die Holms. Vir hom is argitektuur, kuns en kultuur 'n eenheid wat mekaar onvermydelik beïnvloed om 'n gebalanseerde geheel te vorm. Hy en sy broer Dieter het 'n argitektuur ontwikkel wat hulle eko-argitektuur noem. “Dit is ekologie op argitektuur toegepas, om die hulpbronne wat die omgewing bied volhoubaar te benut en aan die omgewing soveel weer terug te gee as wat jy uitneem. Hiervoor neem ons die klimaatverskille, die topogra- fiese verskeidenheid, die plaaslike boumateriale en plaaslike menslike hulpbronne en behoeftes in ag. Eko- argitektuur lyk dus in die Richtersveld anders as in die Boland, Natalse kusgebied, Transvaalse stad of Noord-Kaapse platteland.” Albrecht was 'n belangrike rolspeler in die redding van Pretoria se Kerkplein, toe die Nasionale Partyregering die historiese geboue aan die westekant van Kerkplein in Pretoria wou sloop om twee hoë toringgeboue weerskante van Kerkstraat op te rig. Die publiek het herhaaldelik in opstand gekom en daar het verskeie negatiewe berigte in die media verskyn. Uiteindelik het die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, onder leiding van Johanna Raath, in 1975 die Beweging Red Kerkplein (BRK) gestig en sistematies voorspraak vir die behoud van die historiese “Wesfasade van Kerkplein” georganiseer. geboue onbenut was en met sloping vernietig sou word, ten minste R30 miljoen werd was, vir daardie tyd 'n aansienlike bedrag.” “Die BRK het in sy missie geslaag en die toringgebouprojek is afgelas. Die Wesfasade was dus vir eers behoue, maar nog nie beveilig nie. Ná my betrokkenheid by die BRK het ons argiteksfirma die opdrag gekry om die geboue te restoureer en later ook die Ou Raadsaal. Ek het myself in restourasie verdiep en in samewerking met Diedre Viljoen 'n boek oor die Ou Raadsaal geskryf.” Restourasie van ou geboue en erfenisbewaring lê hom na aan die hart. “Ek dink 'n gebou, en trouens enige kultuurskepping, is 'n lewende wese. Hy lewe langer as 'n mens. Hy ontstaan as gevolg van 'n behoefte en 'n wens of ideaal van 'n mens, of groep mense. Hy oefen dan 'n invloed uit op 'n omgewing, samelewing of kultuur. Wanneer die omgewing, samelewing of kultuur verander, moet die ou gebou daarby aanpas om nog verder 'n bydrae te lewer. Dis die doel van restourasie of erfenisbewaring.” Ná die welslae van die 1970's het die oorspronklike missie van BRK verval en daarmee saam eintlik ook sy bestaansrede. Maar is dit werklik so? “BRK het met die geslaagde redding van Kerkplein hoofsaaklik die strukture bewaar. Die lewe daar loop egter gevaar om ten gronde te gaan. Al is daar genoeg 'voete', is die kwaliteit van die gebeure van 'n lae aard. Alle erfenis bestaan uit tasbare en ontasbare dinge: die fisiese liggaam en die lewe in daardie liggaam. Iemand moet iets drasties doen om die kwaliteit van die lewe op die plein en in die geboue op te hef. Dit kan moontlik 'n nuwe missie vir BRK wees,” sê Albrecht. Ten spyte van 'n beroerte wat sy spoed 'n paar jaar gelede vir 'n rukkie gebreek het, is daar geen sprake van agteroorsit vir Albrecht nie. Hy is tans besig met 'n manuskrip oor sy kunshistorikus-pa, Erik, se lewe, 'n musiek-komedie oor Reinier de Winnaar van Zastron, 'n musiekstorie met gesproke Engelse teks en verdere byvoegings vir 'n moontlike tweede druk van sy boek Sommer my reis. “As ek dinge uit die verlede vir my kinders vertel het, het hulle my altyd gevra, 'Was dit in jou tyd?'. 'My tyd is mos nog nie verby nie. Dis nou nog my tyd,' was my antwoord.” Sy reis is nog nie voltooi nie ... Petronel Fourie Piet Muller en Willem Punt Senior van die Stigting Simon van der Stel het in Julie 1975 op Kerkplein 'n groot protesvergadering gereël waarheen volgens skatting tien duisend mense vanoor die hele land opgeruk het. Saam met ander prominente mense het Albrecht ook 'n spreekbeurt gekry. “Ek het daarop gewys dat die kantoorruimte wat daar in die ou AFRIKAANS 15