flink Flink April 2020 - Page 14

Dis nou nog my tyd Albrecht Holm, waar hy die klarinet speel saam met Annalien Ball, 'n pianis. Albrecht Holm is argitek, kultuurman, erfenisbewaarder, kunstenaar, en musikant van formaat. Hy het 'n sleutelrol gespeel in die redding en restourasie van Kerkplein in die 1970's en gooi vandag steeds sy gewig agter bewaringsaksies in. 14 AFRIKAANS As jy Hartbeespoort nader en die uitsig van die dam jou asem wegslaan wanneer jy die kruin van Saartjiesberg bereik, is jy op Holm-grond, met Albrecht, Dinkie en hul seun Dietmar se gesin aan die linkerkant en sy broers proff Dieter en Erik Holm regs van die pad. Dis hier waar sy lewensverhaal, soos hy dit in die boek Sommer my reis opgeteken het, 'n hoogtepunt bereik. Maar 'n groot deel van sy kinderjare het in oorlogtydse Duitsland afgespeel. beter daar uitgekom'. Dit het ons ouers deur sprokies en erfenisterrein- en museumbesoeke aan ons oorgedra. Ons was nooit weemoedig of bang nie, maar het alles as avonture en uitda- gings geniet. Die algemene indruk was dat Duitsland, of eerder sentraal- Europa, 'n groot land en volk is met 'n baie trotse kultuur, erfenis, kunste, filosofie, boukuns, wetenskap, ens. en daarmee steeds leef en woeker.” Hy het as tweejarige in Duitsland aangekom, kort voordat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Die gesin het dit deurgemaak en nog twee jaar daarna in Duitsland gewoon. Wat hy van dié tyd onthou, is sy ouers se positiewe benadering tot alles, probleme ingesluit. Sy ma se huistaal was Duits en sy het dit aan haar ses kinders oorgedra. Hulle het ook in Duitsland skoolge- gaan. Sy pa was Afrikaans, alhoewel sy ouers in die Kaapkolonie van destyds gedwing was om amptelik te verengels. Die kinders het Afrikaans geleer toe hulle 1947 in Meerhof, by die Hartbeespoortdam, aangekom het. “Daar het ook by die algemene publiek 'n positiewe gees geheers van 'ons het in die verlede swaar gekry maar altyd “Ons het Engels eers op hoërskool begin en eers op universiteit bedrewe geword. Ek praat vandag liefs