flink Flink April 2020 - Page 12

Laurinda skep musikale fantasieë D ie klassieke violis Zanta Hofmeyr, het eenmaal die volgende oor haar niggie, Laurinda Hofmeyr gesê: “Laurinda is 'n uitvoerende musikant wat met haar toonsettings musikale fantasieë skep.” Dit doen Laurinda gewis. Sy neem die poësie van digters soos DJ Opperman, NP van Wyk Louw, Antjie Krog en Breyten Breytenbach en skep wonderskone musiek daarby wat 'n nuwe betekenis aan hulle woordkuns gee. Dit is juis Laurinda wat as skolier die pragtige “Ek het 'n huisie by die see”, 'n gedig van HA Fagan wat Laurika Rauch so mooi sing, getoonset het. 12 AFRIKAANS Vir vanjaar se KKNK het Laurinda hard gewerk aan 'n produksie geskoei op die poësie van Pablo Neruda, die begaafde Chileense digter. Die digter De Waal Venter het die werk van Neruda in Afrikaans vertaal, en die produksie, Neruda: Hartstog sou by die KKNK geopen het. Op 14 Maar het die direkteur van die KKNK, Hugo Theart, die skokaankondiging gedoen dat hierdie fees nie vanjaar gaan plaasvind nie, weens die dreigende gevaar van besmetting met die koronavirus. Byna twee weke daarna het pres. Cyril Ramaphosa 'n toestand van nasionale inperking aangekondig en Suid-Afrika het meteens tot stilstand gekom. Op Donderdagaand 19 Maart, 'n week voordat die inperking op 26 Maart om middernag aangebreek het, het Laurinda egter haar volgelinge verras met 'n huiskonsert wat op Facebook uitgesaai is. Intussen het ander kunstenaars ook in haar voetspore gevolg. “Ek kan geen krediet daarvoor neem nie,” lag Laurinda wanneer sy hieroor uitgevra word in die telefoniese onderhoud. “Dit was die maatskappy wat my op sosiale media bemark wat met die idee vorendag gekom het. Aanvanklik was ek nogal benoud want ek sukkel maar om myself in die kollig