flink Flink April 2020 - Page 11

en energie van my gevra het. Ek het die rol van Louis se onkonvensionele ma, Mercia, in Binnelanders baie geniet. Dié rol het op die regte tyd na my gekom, juis toe ek gedink het om weer myself beskikbaar te stel vir TV-werk.” maklik dreineer. Ek hou van die stilte en privaatheid agter die mure van my huis. Ek woon alleen en ek spandeer die meeste van my tyd op my eie. Ek het geleer om my eie geselskap (en dié van my worshond) geweldig baie te geniet! Hoe maak jy tyd vir al die rolle in jou lewe? “Tyd werk vir my op dieselfde beginsel as finansies – ek moet my tyd (en energie) met wysheid en omsigtigheid begroot, sodat ek nie uitbrand of vasbrand nie. Ek word gewoonlik lank vooruit bespreek as spreker by baie van die damesfunksies, so ek kan 'n bietjie vooruit in die pad afkyk … en probeer beplan waar ek moet werk en waar ek kan speel of weggaan. “Maar ons het almal ook samesyn nodig en vir my paar jarelange close vriendinne en familie en veral my kleinseun maak ek altyd tyd – selfs in my heel besigste tye, hou ek hierdie verhoudings in stand. By hierdie groepie mense is daar nie druk nie, kan ek ontspan, my skoene uitskop en 100% op my gemak wees as 'n 'doodgewone' mens. Ons voed mekaar – en voed ook mekaar op.” “My sosiale lewe is die afgelope paar jaar baie afgeskaal en ek het gesonde grense gestel. Ek date nie en ek doen nie honderde sosiale koffies met honderde verlangse vriendinne nie. Weens my weeklikse openbare werk, kan 'n oordosis sosiale 'kuiers' my Skilder jy nog? Waar ruim jy tyd vir dít in? “Ja, ek skilder nog en geniet dit baie wanneer ek die ruimte en tyd het om dit met toewyding te kan doen. Ek het einde 2018 dertig oliewerke by die Alice Art Galery in Ruimsig, Johan- nesburg uitgestal. Ek het verlede jaar drie van my olieskilderye geskenk aan Helpende Hand se nuwe FroueVonds om te verkoop en byna R40 000 daar- mee ingesamel vir die bystandfonds. Dit laat my hart warm klop om te dink dat ek deur my skilderkuns 'n verskil in ander vroue se lewens kan maak. Hierdie fonds help om vroue wat in moeilike omstandighede vasgeval het, by te staan en om hulle menswaar- digheid weer terug te kry.” Later vanjaar pak Susan 'n nuwe avontuur aan, waar sy as toerleier die Camino-staptog deur Spanje gaan aanpak. “Ek glo dit gaan sielsverrykend wees!” Susan kan gekontak word via haar Facebook-blad of stuur vir haar 'n e-pos by susan@virdiesiel.co.za. AFRIKAANS 11