flink Flink April 2020 - Page 10

akteurspersoonlikheid en ryk verbeel- ding. Ons het soveel sports saam – ek geniet myself regtig gate uit. Dis 'n splinternuwe avontuur om saam met Vriendjie na die lewe te kyk. Ek het 'n tweede kans gekry om die alledaagse wonderwerke wat ek as volwassene so maklik miskyk, weer raak te sien. Hy is 'n groot seën en bron van inspirasie in my lewe.” Vir Susan het die lyding en ellende regoor die wêreld weens Covid-19 'n groot impak op haar. “Soms huil ek op my eie wanneer ek die nuus aanskakel. Ook die armes in ons eie land, dit is hartverskeurend om te aanskou. En dit laat my meer bewus word van my eie seëninge, te midde van die epidemie. En vul my met dankbaarheid vir my eie voorregte agter my muur.” Al haar opkomende openbare funksies as spreker/skrywer is tot einde Mei onbepaald uitgestel. Die finansiële implikasies is verreikend. As als goed gaan en die staat van inperking opge- hef word, sal sy op 6 Junie by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien wees. “Ek kan dus geen inkomste uit my optredes genereer vir minstens twee maande nie en ek het ook nie 'n afsetmark vir my boekverkope nie – my twee hoofbronne van inkomste as vryskutpersoon wat vir haarself werk. Ek besef egter die inperkings raak baie ander mense nog veel erger; dus wil ek 10 AFRIKAANS nie my eie wonde te veel lek nie. Ek het besluit om die tyd so produktief en innoverend as moontlik te gebruik en weer aan my volgende roman te begin werk. Hopenlik help die tyd van afson- dering waar ek nie in die publiek mag werk nie, my om teen die einde van die jaar 'n nuwe boek in die mark te hê.” Hoe begin jy aan 'n nuwe boek skryf? “Ek begin gewoonlik met 'n idee – 'n gevoel rondom 'n tema en die hoofkarakter se stem in my ore … en dan begin ek skryf en kyk wat gebeur … Dan meld ander karakters aan om deel te neem aan die skryfproses … Soms soos ongenooide gaste … Op die ou einde vertel al die karakters saam aan die storie – en hulle het nogal 'n sterk wil van hulle eie en verras my baie kere met streke en storielyne wat ek nie noodwendig beplan het nie. Om 'n roman te skryf, vra beplanning, maar ook om ruimte te laat vir verrassings uit die bewussyn van die karakters. Dit is vir my 'n misterieuse proses … Ek moet gereeld terugstaan en die karakters toelaat om die leisels te neem.” Verskeie boeke het al uit Susan se pen verskyn, waarvan die jongste, Koeke en Terte, wat verlede jaar verskyn het. Jy is bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Wat is vir jou die lekkerste? “Ek is dankbaar vir elke kreatiewe geleentheid en geniet dit om verskillende dinge te doen en verskil- lende fasette van myself en my gawes te ontwikkel. Dis soos 'n a la carte spyskaart – elkeen smaak anders en vra 'n spesifieke toewyding en commit- ment. Om mense te probeer inspireer as spreker, vra dat ek met uiteenlopen- de mense van verskillende sfere van die samelewing probeer identifiseer en elkeen se menswees valideer. Aktrise vereis weer die diep inlewing in 'n fiktiewe karakter se skoene en lewens- vatbare geloofwaardige uitbeelding daarvan. (En om baie woorde te leer.)” “ En om 'n suksesvolle roman te probeer skryf, vra baie swoeg en sweet en deursettings-vermoë … dit is by verre dié grootste en moeilikste uitdaging, elke keer.” Jy was onlangs ook weer op TV te sien in Binnelanders. Hoekom was jy vir so lank nie voor die kamera gewees nie of het jou boeke in die dekade wat jy nie op TV te sien was, jou te besig gehou? “Die skryf van nuwe boeke asook die weeklikse voorbereiding en reise na da- mesfunksies neem baie tyd in beslag. Ek het wel 'n eenvroukomedie, Koek en Tert, vir die verhoog geskryf, waarmee ek van 2016 tot laas jaar getoer het. Ek was ook sedert 2002 tot einde 2012 mede-eienaar van die Blou Hond Teater Restaurant in Linden, wat ook baie tyd