HASELNEUTBROSBROOD-
VINGERS
Landbou Boerekos – Die beste gebak. Skrywer: Arina du Plessis
Lewer ongeveer 20 vingers.
250 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
2 ml sout
1 x 200 g-pakkie haselneute,
gerooster, skilletjies
afgevryf en fyngekap
125 g sagte botter
80 ml suiker
1 eier
5 ml vanieljegeursel
Versiering
100 g witsjokolade, gekap
25 ml vermicelli
25 ml botter
1 eiergeel, geklits
sap van 1 suurlemoen
12,5 ml melk
ham, in skyfies gesny
hardgekookte eiers, in skyfies gesny
pasteideeg (sien bl 112)
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n koekpan van 25 cm x 15 cm goed.
Voer uit met bakpapier. Meng die meel, bakpoeier, sout en haselneute in 'n
mengbak. Verroom die botter en suiker, en klop die eier en vanieljegeursel
by. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Druk die deeg in die voorbereide
koekpan vas en bak vir ongeveer 15 minute tot gaar. Haal uit die oond, laat
effens afkoel en sny in 20 vingers. Pak op 'n draadrak om verder af te koel.
Vir die versiering: Smelt die sjokolade stadig oor lae hitte tot glad en
doop een punt van elke brosbroodvinger daarin. Pak op 'n vel waspapier
tot die sjokolade hard is. Bêre in 'n lugdigte houer.
Bakresepte uit die gewildste
kostydskrif, Landbou
Boerekos. As jy al ooit jou
ouma se verlore gemmerkoekie
of skonresep gesoek het,
dan het jy dit gevind!
Dié boek bevat alles –
groot laagkoeke, stroopkoeke,
kaaskoeke, soutterte,
kleinkoekies, beskuit,
kolwyntjies, soet en soutbrode,
warm poedings en
Kersfeesgebak. Beslis 'n móét
vir elke bakster, tuisteskepper
én werkende ma.
AFRIKAANS
23