ELGIN Grabouwer Year 7 Volume 18 | Page 7

Sport ELGIN Grabouwer 26 September 2014 7 Klassieke mega sportnaweek wag op Overberg Deur JAN GREYLING Die Mega Sport Classic (MSC)naweek vanaf Vrydag, 17 tot Sondag, 19 Oktober is ʼn nuutjie vir die Kaap Agulhas-streek, maar hierdie groot sportsaamtrek se hartklop is die oubekende, gewilde en gevestigde Voet van Afrika Marathon. Volgens die Agri Mega Groep (AMG), organiseerders van die MSC wag ʼn aktiewe naweek op sportmanne en –vroue, Wes-Kaap se jeug en die hele gemeenskap. Die sportnaweek by Mega Park, Bredasdorp is gepak met hardloop, draf, stap, atletiek en bergfietsuitdagings en ontwikkeling, met die 38ste Voet van Afrika Marathon as die hoogtepunt. Die wedloop staan alom bekend as die taaiste marathon met die wa rmste hart. Vir hierdie gesin-sportnaweek, wat ook die eerste Mega SportX multisport ekspo en ʼn Oktoberfest met ʼn oempa-orkes insluit, span AMG kragte saam met Hoërskool Bredasdorp vir ʼn reuse BHS Top 10 Atletiekbyeenkoms, met sowat 1 000 atlete van bykans 40 hoërskole en ʼn verskeidenheid laerskole. Vir bergfietsryers regoor die provinsie, aangrensende dorpe en by deelnemende skole wag daar op Sondag, 19 Oktober die eerste Voet van Afrika MTB Uitdaag oor 60km, 30km en 15km. Die Voet van Afrika Skole en alle ander jongmense in die Wes-Kaap word genooi om nou reeds op die MSC Youth Madness Facebook aan te meld en in te skryf vir die naweeklange jeug sportprogram, wat afrigting, toernooie en pryse sal insluit. MSC Youth Madness sal onder meer ook pa en seun “chip en putt”, ʼn X Games buitelug-spele met ʼn skaatsplank-park saam met die professionele skaatsplankryer, Chris van der Merwe en afrigting en toernooie in bykans elke sportdissipline aanbied. Die Voet van Afrika Marathon word tans deur lesers van Runner’s Guide gelys as die derde gewildste marathon in Suid-Afrika. Atlete kan uitsien na 42.2km, 21.1km & 10km roetes deur van die mooiste, natuurskone roetes in Suid-Afrika. Volgens Esther Möller, projekbestuurder, open die SportX om 14:00 op Vrydag, die 17de en duur tot Sondag,die 19de om 15:00. Die Hoërskool Bredasdorp HSB se Top 10 Atletiek vir laerskole begin die Vrydag om 12:00 by die skool se baan, waarna die pienk Toonjie pretdraf en –stap vir mense en honde om 18:00 begin. Saterdagoggend om 06:00 begin die Voet van Afrika Marathon by Mierkraal en kort daarna die 21.1km en die 10km by Mega Park, voordat die skoot klap vir die Hoërskole Top 10 om 08:00 by die Hoërskool Bredasdorp se baan. Alle atlete, pretlopers, fietsryers en ouers van skoolatlete word genooi na die heel eerste Mega Oktoberfest vanaf 18:30 Saterdagaand op Mega Park. Om lang rye te voorkom kan kaartjies vooraf gekoop word. Sondagoggend vanaf 07:30 spring die bergfietryers by Mega park weg vir die 60km, 30km en 15km. Volgens Esther is die Pienk Toontjie, ten bate van Pink Trees for Pauline, vir alle skole, die hele gesin, werkspanne, kerkspanne, bure en sportklubs. Dit val saam met ʼn Toontjie-hondestap, ten bate van die Bond teen Wreedheid teenoor Diere. Alle navrae, inskrywings en kaartjies: www.megasportclassic.co.za 028 424 2890 Mega Oktoberfest-kaartjies: www.megasportclassic.co.za Vakatures Dringend gesoek Verkoopspersoon    Bekwame parte verkoopspersoon, verkieslik met ondervinding. Sober gewoontes Moet onder druk kan werk Stoorman    Sober gewoontes Moet onder druk kan werk. Verantwoordelik vir stoor, rakke en kontroleer van parte. Handig CV in by Grabouw Auto Spares, Hoofstraat of epos na [email protected] GRABOUW AUTO SPARES For all your Automotive spares & Accessories Hydraulic Pipe Repairs and Fittings