ELGIN Grabouwer Year 7 Volume 18 | Page 3

Gesondheid ELGIN Grabouwer Uitbranding (sielkundig) - Dr Carel Soms kom mense by ʼn punt waar hulle voel hulle kan nie ʼn "dag langer" werk toe gaan nie. Hulle het geen motivering nie, geniet nie meer wat hulle doen nie en wil drastiese veranderings aan hul werksopset en lewens aanbring. Verandering ìs soms hier nodig maar nie altyd so maklik nie veral aangesien hierdie verskynsel dikwels so in die middelveertigs opduik en familieverpligtinge groot skuiwe bemoeilik. Verder moet mense ook nie enigiets dramaties onderneem voor hulle seker maak dat hulle nie aan professionele uitbranding ("burnout" in Engels) ly nie. Werksuitbranding (WU) is ʼn sielkundige term vir ʼn toestand wat gekenmerk word deur langtermyn uitputting en verminderde belangstelling in werk. Daar is altyd aanvaar dat WU die gevolg is van chroniese werkstres byvoorbeeld as gevolg van ʼn te hoë werklading oor ʼn lang tydperk. Daar is deesdae ook egter groeiende bewyse dat ander oorsake ʼn rol speel en dat sekere mense meer vatbaar is vir WU as ander, deels vanweë hul persoonlikhede en deels vanweë hul leefstyl. WU is nie ʼn erkende sielkundige term nie omdat dit moeilik onderskeibaar van depressie is, maar kom so algemeen voor dat dit oral as ʼn realiteit aanvaar en as sulks behandel word. Dis gewoonlik net tydelik en behels nie die chemiese wanbalans van major depressie nie. Hoe vroeër dit egter aangespreek word hoe beter, aangesien dit verreikende gevolge vir die persoon kan inhou, nie net in die werksplek nie maar ook rakende sy/haar gesondheid. Simptome en tekens van dreigende WU is onder andere as volg: - Verminderde fisiese energie: langdurige chroniese werkstres kan ʼn mens uitgeput laat, mense voel voortdurend moeg, sukkel om soggens op te kom. - Emosionele uitputting: Mense is buierig en opvlieënd, maklik gefrustreerd oor dinge wat h ulle tevore goed hanteer het. - Verlaagde weerstand teen siektes: Aanhoudende stres kan jou immuniteit teen infeksies sleg beïnvloed en iets soos herhaalde griepaanvalle kan ʼn waarskuwing wees dat WU dreig. 26 September 2014 BARRY GOULD ARCHITECT Architecture . Landscapes . Interior Design 021 848 9788 - Verminderde belangstelling in stokperdjies en verminderde betrokkenheid in lewens van geliefdes/familielede: Daar is gewoon nie energie vir die goed wat vroeër saakgemaak het nie en WU se tekens kan duidelik hier gesien word. - Toenemende afwesigheid van werk: Dis deels omdat siektes meer algemeen is tydens WU en ook omdat mense soms net nie die krag het vir werk toe gaan nie, vanweë die neerslagtigheid wat WU soms vergesel. Voorkoming is baie belangrik in die hantering van WU. Dié toestand is gewoonlik die gevolg van ʼn breuk in kommunikasie tussen werkgewer en werknemer waartydens behoeftes wedersyds nie goed verstaan en bespreek word nie. Firmas wat werknemerondersteuningsprogramme het, sukkel baie minder met WU in hul geledere. Die aanleer van streshanteringstegnieke is ook hier van groot belang en gewoonlik deel van werknemersondersteuning. Individue kan hierdie tegnieke ook aanleer deur ʼn sielkundige privaat te spreek. Maar soms is rus soos deur die neem van verlof of siekverlof die enigste opsie, of ten minste ʼn tydperk van verminderde werkslading. Tydens so ʼn rustydperk kan ʼn persoon die geleentheid kry om sy sosiale ondersteunings-netwerk veral sy gesins- en familie-verhoudings weer te koester, en per-spektief te herwin deur n bietjie terug te trek van die werksopset. Gesonde gesinsverhoudinge en ondersteuning tuis is bewys as van die beste beskermingsmeganismes teen WU. Laastens kan medikasie bv vir slaapprobleme of depressie ook help indien nodig. Maar takel die probleem liewer vroeër as later. TE KOOP: GRABOUW UIEPLANTJIES EN AARTAPPELMOERE Direk van die plaas. Aartappelmoere is beperk Plaasvars en goeie kwaliteit Skakel of SMS 071 295 4831 [email protected] GRABOUW MASHI GHOLFKLUB (57) Uitslag van enkel Stableford kompetisie gespeel op Saterdag, 20 September 2014. Gerhard Lotter Mike Zondagh Johan de Kock Rian Bester Daneel Oosthuizen Naaste aan die pen: 16de Putjie (149 meter) 39 38 37 37 36 Rian Bester Kaap Agri in Hoofstraat tot u diens, nou met nuwe vulstasie ... almal welkom Alle kaartfasiliteite en kontant URE: Ma - Vry 08:00 - 17:00 Sa:08:00 - 12:00 Tel: 021 859 2810