Sport
ELGIN Grabouwer
26 September 2014
7
Klassieke mega sportnaweek wag op Overberg
Deur JAN GREYLING
Die Mega Sport Classic (MSC)naweek vanaf Vrydag, 17 tot Sondag, 19 Oktober is ʼn nuutjie vir die
Kaap Agulhas-streek, maar hierdie
groot sportsaamtrek se hartklop is die
oubekende, gewilde en gevestigde
Voet van Afrika Marathon.
Volgens die Agri Mega Groep
(AMG), organiseerders van die MSC
wag ʼn aktiewe naweek op sportmanne en –vroue, Wes-Kaap se jeug
en die hele gemeenskap. Die
sportnaweek by Mega Park,
Bredasdorp is gepak met hardloop,
draf, stap, atletiek en bergfietsuitdagings en ontwikkeling, met die
38ste Voet van Afrika Marathon as
die hoogtepunt. Die wedloop staan
alom bekend as die taaiste marathon
met die wa rmste hart.
Vir hierdie gesin-sportnaweek, wat
ook die eerste Mega SportX multisport ekspo en ʼn Oktoberfest met ʼn
oempa-orkes insluit, span AMG
kragte saam met Hoërskool
Bredasdorp vir ʼn reuse BHS Top 10
Atletiekbyeenkoms, met sowat 1 000
atlete van bykans 40 hoërskole en ʼn
verskeidenheid laerskole.
Vir bergfietsryers regoor die
provinsie, aangrensende dorpe en by
deelnemende skole wag daar op
Sondag, 19 Oktober die eerste Voet
van Afrika MTB Uitdaag oor 60km,
30km en 15km.
Die Voet van Afrika Skole en alle
ander jongmense in die Wes-Kaap
word genooi om nou reeds op die
MSC Youth Madness Facebook aan
te meld en in te skryf vir die naweeklange jeug sportprogram, wat afrigting, toernooie en pryse sal insluit.
MSC Youth Madness sal onder meer
ook pa en seun “chip en putt”, ʼn X
Games buitelug-spele met ʼn
skaatsplank-park saam met die professionele skaatsplankryer, Chris van
der Merwe en afrigting en toernooie
in bykans elke sportdissipline
aanbied.
Die Voet van Afrika Marathon
word tans deur lesers van Runner’s
Guide gelys as die derde gewildste
marathon in Suid-Afrika. Atlete kan
uitsien na 42.2km, 21.1km & 10km
roetes deur van die mooiste, natuurskone roetes in Suid-Afrika.
Volgens Esther Möller, projekbestuurder, open die SportX om
14:00 op Vrydag, die 17de en duur
tot Sondag,die 19de om 15:00. Die
Hoërskool Bredasdorp HSB se Top
10 Atletiek vir laerskole begin die
Vrydag om 12:00 by die skool se
baan, waarna die pienk Toonjie pretdraf en –stap vir mense en honde om
18:00 begin.
Saterdagoggend om 06:00 begin
die Voet van Afrika Marathon by
Mierkraal en kort daarna die 21.1km
en die 10km by Mega Park, voordat
die skoot klap vir die Hoërskole Top
10 om 08:00 by die Hoërskool
Bredasdorp se baan.
Alle atlete, pretlopers, fietsryers en
ouers van skoolatlete word genooi na
die heel eerste Mega Oktoberfest
vanaf 18:30 Saterdagaand op Mega
Park. Om lang rye te voorkom kan
kaartjies vooraf gekoop word.
Sondagoggend vanaf 07:30 spring
die bergfietryers by Mega park weg
vir die 60km, 30km en 15km.
Volgens Esther is die Pienk Toontjie, ten bate van Pink Trees for Pauline, vir alle skole, die hele gesin,
werkspanne, kerkspanne, bure en
sportklubs. Dit val saam met ʼn
Toontjie-hondestap, ten bate van die
Bond teen Wreedheid teenoor Diere.
Alle navrae, inskrywings en
kaartjies:
www.megasportclassic.co.za
028 424 2890
Mega Oktoberfest-kaartjies:
www.megasportclassic.co.za
Vakatures
Dringend gesoek
Verkoopspersoon
Bekwame parte verkoopspersoon, verkieslik met
ondervinding.
Sober gewoontes
Moet onder druk kan werk
Stoorman
Sober gewoontes
Moet onder druk kan werk.
Verantwoordelik vir stoor, rakke
en kontroleer van parte.
Handig CV in by Grabouw Auto
Spares, Hoofstraat of epos na [email protected]
GRABOUW AUTO SPARES
For all your
Automotive
spares
& Accessories
Hydraulic Pipe
Repairs and Fittings