Gesondheid
ELGIN Grabouwer
Uitbranding (sielkundig)
- Dr Carel
Soms kom mense by ʼn punt waar
hulle voel hulle kan nie ʼn "dag
langer" werk toe gaan nie. Hulle het
geen motivering nie, geniet nie meer
wat hulle doen nie en wil drastiese
veranderings aan hul werksopset en
lewens aanbring. Verandering ìs
soms hier nodig maar nie altyd so
maklik nie veral aangesien hierdie
verskynsel dikwels so in die middelveertigs opduik en familieverpligtinge groot skuiwe bemoeilik.
Verder moet mense ook nie
enigiets dramaties onderneem voor
hulle seker maak dat hulle nie aan
professionele uitbranding ("burnout"
in Engels) ly nie. Werksuitbranding
(WU) is ʼn sielkundige term vir ʼn
toestand wat gekenmerk word deur
langtermyn uitputting en verminderde belangstelling in werk. Daar is
altyd aanvaar dat WU die gevolg is
van chroniese werkstres byvoorbeeld
as gevolg van ʼn te hoë werklading
oor ʼn lang tydperk. Daar is deesdae
ook egter groeiende bewyse dat ander oorsake ʼn rol speel en dat sekere
mense meer vatbaar is vir WU as ander, deels vanweë hul persoonlikhede en deels vanweë hul leefstyl.
WU is nie ʼn erkende sielkundige
term nie omdat dit moeilik onderskeibaar van depressie is, maar kom
so algemeen voor dat dit oral as ʼn
realiteit aanvaar en as sulks behandel
word. Dis gewoonlik net tydelik en
behels nie die chemiese wanbalans
van major depressie nie. Hoe vroeër
dit egter aangespreek word hoe beter, aangesien dit verreikende gevolge vir die persoon kan inhou, nie net
in die werksplek nie maar ook rakende sy/haar gesondheid.
Simptome en tekens van dreigende
WU is onder andere as volg:
- Verminderde fisiese energie: langdurige chroniese werkstres kan ʼn
mens uitgeput laat, mense voel voortdurend moeg, sukkel om soggens op
te kom.
- Emosionele uitputting: Mense is
buierig en opvlieënd, maklik gefrustreerd oor dinge wat h ulle tevore
goed hanteer het.
- Verlaagde weerstand teen siektes:
Aanhoudende stres kan jou immuniteit teen infeksies sleg beïnvloed en
iets soos herhaalde griepaanvalle kan
ʼn waarskuwing wees dat WU dreig.
26 September 2014
BARRY
GOULD
ARCHITECT
Architecture . Landscapes . Interior Design
021 848 9788
- Verminderde belangstelling in stokperdjies en verminderde betrokkenheid in lewens van geliefdes/familielede: Daar is gewoon nie energie
vir die goed wat vroeër saakgemaak
het nie en WU se tekens kan duidelik
hier gesien word.
- Toenemende afwesigheid van werk:
Dis deels omdat siektes meer algemeen is tydens WU en ook omdat
mense soms net nie die krag het vir
werk toe gaan nie, vanweë die neerslagtigheid wat WU soms vergesel.
Voorkoming is baie belangrik in die
hantering van WU. Dié toestand is
gewoonlik die gevolg van ʼn breuk in
kommunikasie tussen werkgewer en
werknemer waartydens behoeftes
wedersyds nie goed verstaan en bespreek word nie. Firmas wat werknemerondersteuningsprogramme het,
sukkel baie minder met WU in hul
geledere.
Die aanleer van streshanteringstegnieke is ook hier van groot belang
en gewoonlik deel van werknemersondersteuning. Individue kan hierdie
tegnieke ook aanleer deur ʼn sielkundige privaat te spreek. Maar soms
is rus soos deur die neem van verlof
of siekverlof die enigste opsie, of ten
minste ʼn tydperk van verminderde
werkslading.
Tydens so ʼn rustydperk kan ʼn
persoon die geleentheid kry om sy
sosiale ondersteunings-netwerk veral
sy gesins- en familie-verhoudings
weer te koester, en per-spektief te
herwin deur n bietjie terug te trek
van die werksopset.
Gesonde gesinsverhoudinge en
ondersteuning tuis is bewys as van
die beste beskermingsmeganismes
teen WU.
Laastens kan medikasie bv vir
slaapprobleme of depressie ook help
indien nodig.
Maar takel die probleem liewer
vroeër as later.
TE KOOP: GRABOUW
UIEPLANTJIES EN AARTAPPELMOERE
Direk van die plaas.
Aartappelmoere is beperk
Plaasvars en goeie kwaliteit
Skakel of SMS 071 295 4831
[email protected]
GRABOUW MASHI GHOLFKLUB (57)
Uitslag van enkel Stableford kompetisie gespeel
op Saterdag, 20 September 2014.
Gerhard Lotter
Mike Zondagh
Johan de Kock
Rian Bester
Daneel Oosthuizen
Naaste aan die pen:
16de Putjie (149 meter)
39
38
37
37
36
Rian Bester
Kaap Agri in Hoofstraat tot u diens, nou
met nuwe vulstasie ... almal welkom
Alle kaartfasiliteite en kontant
URE: Ma - Vry 08:00 - 17:00
Sa:08:00 - 12:00
Tel: 021 859 2810