ELGIN Grabouwer Year 7 Volume 17 for Newsstand International | Page 3

Gesondheid ELGIN Grabouwer Tieners en alkohol - Dr Carel Omtrent alle ouers wroeg maar kwaai oor die kwessie van tieners en alkohol. Iemand sê nou die dag aan my dat wat hom veral ontstel is dat sy seun tans met alkohol begin eksperimenteer terwyl hy ook besig is om sy bestuurslisensie te probeer kry! Inderdaad ʼn ongerieflike kombinasie. Party ouers druk maar hul koppe in die sand. Hulle gaan dit nie aanroer nie, dalk word dit nooit ʼn probleem nie. "Moenie slapende honde wakker maak nie" en so aan. Die ongemaklike waarheid is egter dat as jy as ouer nie jou kind hierin gaan help en raadgee nie, ʼn (gewoonlik ouer) medestudent of kollega/vriend hom of haar later in hierdie veld gaan "onderrig". En volgens sekere navorsingsbronne ekperimenteer tot 80% van hoërskoolleerlinge een of ander tyd met alkohol. Groepdruk is ʼn uiters moeilike ding om te weerstaan, en die advertensie-industrie bemark ook alkoholgebruik as die in-ding. Maar wat moet mens doen? Daar is ʼn groep ouers wat voel hulle gaan net op die gevare van alkohol wys, en die gevaar van padongelukke en skade aan die gesondheid oor en oor beklemtoon. Hulle vertel dan ook graag stories oor wat met mense wat hulle ken gebeur het rondom alkoholmisbruik en gebruik dit as voorbeeld. ʼn Ander groep voel weer dat ʼn gesprek oor die matige en verantwoordelike gebruik van alkohol die regte paadjie is om te neem. Die kind kan, volgens hulle, in die huis begin om vanaf ʼn sekere ouderdom ʼn glasie wyn saam met die ouers om die etenstafel te geniet en so in die veiligheid van die ouerhuis leer van die uitwerking van alkohol op sy/ 19 September2014 3 BARRY GOULD ARCHITECT Architecture . Landscapes . Interior Design 021 848 9788 haar liggaam. Studies oor hierdie onderwerp lewer uiteenlopende resultate. Party studies wys dat kinders wat gereeld alkohol gebruik het voor die ouderdom van 15 jaar ʼn betekenisvol hoër kans het om later alkohol te misbruik. Dis egter onduidelik of die probleem primêr die vroeë alkoholgebruik is, of dalk meer die omstandighede en persoonlikheidstipe, wat alreeds "iets" nodig gehad het op ʼn vroeë ouderdom. In Engeland daarenteen het ʼn studie onder 10,000 studente weer getoon dat ouer tieners wat op verantwoordelike wyse alkohol saam met hul ouers gebruik het, ʼn laer kans staan om dit later te wil misbruik. Op die ou end speel jou voorbeeld as ouer miskien die deurslaggewendste rol. "Moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê," het nog nooit gewerk nie. As jy ʼn geheelonthouer is, kan jy hierdie standpunt voorstaan met jou kinders, en as jy ʼn verantwoordelike gebruikervan alkohol is kan jy dié opsie uitbeeld. En jy kan praktiese wenke gee oor hoe om konstruktief nee te sê as jy nie meer wil drink nie en iemand hou aan neul om jou glas te wil volmaak. Maar jy het geen keuse as om hieroor met jou kinders in gesprek te tree nie. [email protected] GRABOUW MASHI GHOLFKLUB (57) Uitslag van enkel Stableford kompetisie gespeel op Saterdag, 13 September 2014. Deon Swart Leon Kiewietz Daneel Oosthuizen Tyrell Collins Pieter van der Walt 39 37 37 37 36 Naaste aan die pen: 6de Putjie (131 meter) 18de Putjie (100 meter) Adriaan Theron Pieter Wasserman For all your plumbing Requirements Maintenance & construction     Qualified & certified plumber  Kwokot geyser service agent  Blocked drains Johan de Bruyn 083 284 7707 Call now for free quotes Kaap Agri in Hoofstraat tot u diens, nou met nuwe vulstasie ... almal welkom Alle kaartfasiliteite en kontant URE: Ma - Vry 08:00 - 17:00 Sa:08:00 - 12:00 Tel: 021 859 2810