75
die voorraad volgens uitvoerige graderingsmetodiek soos gespesifiseer deur
die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en om die
spesifieke produk by aanbieding van die silo-ontvangsbewys af te laai.
Lewering kan op enige sakedag in ’n bepaalde leweringsmaand plaasvind. (’n
Termynmarkposisie in die Julie-kontrak kan slegs tydens Julie gelewer word.)
Fisiese lewering vind oor ’n tweesakedagtydperk plaas, die kennisgewingdag
wat deur die afleweringsdag gevolg word (die volgende sakedag).
Lewering vind plaas by enige goedgekeurde Safex-silo en elke leweringspunt
is onderhewig aan ’n liggingsdifferensiasie (gebaseer op vervoerkoste).
Liggingsdifferensiasies word deur die effektebeurs vasgestel en is vanaf die
effektebeurs beskikbaar (op die webtuiste www.jse.co.za/