Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 628

626 in landelike gebiede asook maniere om die oliekoek te bemark en verprei. • Small-scale Vegetable Oil Extraction deur S.W. Head, A.A. Swetman, T.W. Hammonds, A. Gordon, K.H. Southwell en R.V. Harris, Natural Resources Institute, 1994, ISBN 0 85954 387-0. Dek ’n basiese begrip van die wetenskap en samestelling van olies en ekonomiese en bemarkingsoorwegings, beginsels van olieuitpersing, basiese metodes van oliesaadprosessering, die belangrikste oliebronne met spesifieke klein- en mediumtegnologieë vir elk. Resultate uit derdewêreldse situasies word gebruik. Rekenaargebaseerde programme Bizsolutions beskik oor ’n uitstekende stel interaktiewe rekenaargebaseerde programme wat oor verskeie aspekte van essensiële olies handel. Dit is by Bizsolutions beskikbaar. Kontak hulle per telefoon by 011 447 2757 of rig ’n e-pos aan ([email protected]). Die program van The Encyclopaedia of Natural Raw Materials dek 282 essensiële olies met ’n beskrywing van elk, die geskiedenis, besonderhede oor verbouing, verskillende name en foto’s. Bykomend hiertoe word algemene inligting soos INCI-name (Interna F