Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 40

38 Vir meer inligting oor die provinsie: • Noordwes Provinsiale Regering – www.nwpg.gov.za • Invest North West – www.inw.org.za 9. Noord-Kaap Die Noord-Kaap is die land se grootste en mees ylbevolkte provinsie, met ’n gemiddeld van twee persone per elke vierkante kilometer. Die Oranjerivier vloei deur die provinsie, en – saam met ’n gesonde landboubedryf – strek dit tot by die see (die Atlantiese Oseaan, wat die westelike grens van die provinsie vorm). Afgesien van die hoogliggende dele in die suide en die suidooste, word die landskap van die Noord-Kaap uitgeken aan dor, uitgestrekte vlaktes met natuurlike rotsriwwe. Die Vaalharts-besproeiingskema beslaan 369.50 vierkante kilometer in hierdie provinsie. Met sy gedeelte (3%) van Suid-Afrika se bewerkbare grond, produseer die Noord-Kaap 29% van die land se grondbone, 16% van die land se gort en 14% van die land se koring. Tafeldruiwe asook rosyne is belangrike produkte wat verbou word. Die ekonomie van ’n groot gedeelte van die Noord-Kaap is afhanklik van skaapboerdery, en ’n kwart (25%) van die land se skape kom in dié provinsie voor. Wat wildboerdery betref, is die Noord-Kaap tweede met 19.5%, naas Limpopo. Die ander hoofsoorte lewende hawe is bokke (9%) en beeste (4%). ’n Groot aantal plase in hierdie provinsie voldoen aan uitvoervereistes, en die kommersialisering van bokke word as baie belowend vir opkomende boere beskou. Die Noord-Kaap het die grootste potensiaal vir hernubarekrag-projekte. 16 van die aanvanklike 28 voorkeurprojekte wat in Februarie 2012 deur die Departement van Energie (DoE) gegenereer is onder die Renewable Energy Independent Power Producer Programme (REIPPP), is hier gebaseer. Die vraag ontstaan of boere in hierdie sondeurdrenkte provinsie toegelaat sal word om ook met energie boer ... Provinsiale Departement van Landbou Departement van Landbou en Grondhervorming (DALA) Tel: 053 838 9100 (skakelbord) Faks: 053 832 4328 Epos: [email protected] Webwerf: www.agrinc.gov.za Hoofkantoor 162 George Straat Kimberley Privaatsak X5018 Kimberley 8300 Departementshoof: mnr. M.V.D. Mothibi [email protected] Tel: 053 838 9102 Faks: 053 831 3635 Die munisipale distrikskantore is Frances Baard (www.francesbaard.gov.za), Siyanda, Pixley-Ka-Seme (www.pixleykaseme.gov.za), Namakwa