Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 394

392 landboudienste en -tegnologie Biotegnologie en plantteling Biotegnologie wat op diere betrekking het, veral kloning, word behandel in die hoofstuk oor Diereverbetering en Telers wat later in die boek volg. 1. Oorsig “Biotegnologie” is ’n samesmelting van “biologiese tegnologie”. Alhoewel dit onder sekere mense as sinoniem vir genetiese modifikasie beskou word, is dit ’n term wat gebruik word om ’n kontinuum van verskillende biotegnieke te verteenwoordig wat wissel van niekontroversiële weefselkweking tot kontroversiële genetiese modifisering, soos vervat in “moderne tegnologie”. Dit is geïdentifiseer as die toonaangewende tegnologie van die 21ste eeu met geweldige potensiaal om ekonomiese, sosiale en omgewingskwessies wat die armes in ontwikkelende lande raak, te hanteer. Biotegnologie kan oesopbrengste verhoog, blootstelling van gewasse aan omgewings- en klimaatstressors verlaag, die behoefte aan chemikalieë wat op landerye aangewend word, verlaag, en die gesondheid en smaak van voedsel verbeter. Kritici sê dat hierdie gewasse bestaande plante onomkeerbaar kan beskadig, skade aan die natuurlewe kan berokken en dat die patente op geneties gemanipuleerde sade die multinasionale maatskappye te veel mag gee. ’n Besoek aan die webtuiste wat in hierdie hoofstuk genoem word, sal aan die leser verskillende perspektiewe verskaf. Potensiële voordele • hoër gewasoprengste • hoër inkomstes • minder gebruik van chemikalieë (plaagdoders, onkruiddoders) met laer besteding aan insette • minder giftige onkruiddoderafloop na oppervlaken grondwater • boere is minder blootgestel aan chemikalieë, en dus meer gesond • beheer oor abiotiese faktor • hoër voedingswaarde van voedsel • minder verliese voor en ná oestyd • langer raklewe • minimale ontginning van woude, graslan KX\