Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 358

356 7. Publikasies en webtuistes Besoek die webwerwe van die verskeie rolspelers wat vroeër in die hoofstuk genoem is. • Die Water Wheel is ’n tydskrif wat elke tweede maand verskyn en handel oor water en waternavorsing. Bel 012 330 0340. • ’n Magdom publikasies is beskikbaar by die Waternavorsingskommissie. Kontak hulle by 012 330 0340 of e-pos [email protected]. Besoek www.wrc.org.za om te sien wat alles beskikbaar is. • WATER Sewage & Effluent, ’n maandelikse tydskrif wat uitgegee word deur Brooke Pattrick Publications, kan verkry word deur 011 603 3960 te bel of deur www.brookepattrick.com te besoek. • Water & Sanitation Africa (’n publikasie wat elke ander maand verskyn) word deur 3S Media uitgegee. Skakel 011 531 3300 of besoek www.3smedia.co.za. • Besoek die Water Wise webwerf (sien www.waterwise.co.za), Rand Water se omgewingshandelmerk. • Sien die webtuistes van die verskillende waterrade, bv. www. randwater.co.za, www.umgeni.co.za en www.magalieswater.co.za. • Vind vele besprekingsdokumente by www.polity.org.za bv. Access to water: The Southern African context; en What Risks Lie Ahead for African Water Security? • Wat is JOU water voetmerk? Besoek www.waterfootprint.org, tuiste van die Watervoetmerk Netwerk. • Publikasies beskikbaar van die WNNR sluit in Climate Risk and Vulnerability: a handbook for Southern Africa en The National Freshwater Ecosystem Priority Areas Atlas. Laasgenoemde is ’n enorme dokument met vele kaarte van varswaterriviere en vleilande wat beskerm moet word. Dit is aanlyn by die WNNR se webwerf beskikbaar, www.csir. co.za. • Sommige van die Infotoons by www.agis.agric.za/efarmer het te make met watersake, Sien Using soap water in a low-cost irrigation system to produce vegetables and fruit en Making the most of rainwater. • Die volgende Info Paks (brosjures) kan gevind word by www.daff.gov. za/publications: Collecting rainwater from your r oof en Wetland values and functions. • Die Lesotho Hooglandwaterprojek help om te verseker dat ’n voldoende hoeveelheid water Gauteng in Suid-Afrika bereik terwyl dit ook hidrokrag genereer vir Lesotho. Besoek www.lhda.org.ls. • www.africanwater.org – ’n onafhanklike inisiatief wat hom beywer vir die bevordering van volhoubare waterhulpbronbestuur en –gebruik. • www.internationalrivers.org – “by die hart van die globale stryd om die regte van riviere en die gemeenskappe wat op hierdie riviere afhanklik is te beskerm”. • Die bloudruk vir die World Wildlife Fund Sanlam Living Waters Partnership “bloudruk” is van stapel gestuur en skets spesifieke optrede wat sal verseker dat gesonde varswaterekostelsels die ekonomiese en sosiale welstand van Suid-Afrika sal ondersteun. Kyk daarna by www. panda.org.za/livingwaters • Vind die Infographic: The secret life of drinking water by www.cnn.com. Wat betref stormwaterbestuur: • Daar is ’n interessante tydskrif, “Urban Green File”, wat artikels en nuus bevat vir die omgewingsontwerp en beplanningsgilde. In hierdie tydskrif is daar heelwat artikels oor huidige projekte – waar stormwaterbestuur bewustelik toegepas word – wat oor die laaste paar jaar verskyn het. Kontak die redakteur oor hulle argief (aanlyn beskikbaar) en toestemming om toegang daartoe te verkry by: [email protected] of www.brookepattrick.com. • Landscape SA Karyn Richards (redakteur). Tel: 011 326 0303 of kyk na www.eaglepub.co.za. • Environmental Management Carol Knoll (redakteur). Tel: 011 268 6732. Visit www.emmagazine.co.za. • Die Instituut van Landskapsargitektuur (www.ila.org) en die Universiteit van Pretoria se Skool van Argitektuur en Landskapsargitektuur (www. up.ac.za) is nog twee kontakte. nasionale kwessies Werkskepping 1. Oorsig Die verlies van werk is die begin van baie ander probleme en ontnemings. Dit is oënskynlik gekoppel aan armoede, voedselonsekerheid en ’n algemene verlaging in lewenstandaard. Dit gaan ook gepaard met ’n verlies van selfvertroue en selfrespek. As daar geen uitkoms is nie, raak mense gewoond om in hierdie armoede te lewe – die begin van ’n probleem van langtermynwerkloosheid. Die standaard-werkloosheidsyfer van ongeveer 25% wat in ons land gebruik word, sluit nie “ontmoedigde werksoekers” in nie. Almal is dit eens dat ons werk moet skep; daar word egter baie gedebatteer oor hoe dit gedoen moet word (sien opskrif 3). Werkskepping is die mees kritieke aangeleentheid waarmee ons as ’n nasie te kampe het. Sommige mense kreun oor die vooruitsig van nog ’n werksdag. Stel u egter nog ’n dag sonder werk voor! Wat u self kan doen vir diegene wat nie werk het nie, is moontlik beperk tot erkenning dat werkloosheid baie vrees en angs veroorsaak, veral onder diegene wat gesinne en afhanklikes het. Ten minste sien u hierdie inligting. Hoe meer mense dit sien, hoe groter die kans dat verandering sal plaasvind. Deur te werk, kry ’n mens selfrespek, onafhanklikheid en bevrediging. Produktiewe werk is die kern van demokrasie en menslike ontwikkeling. Suid-Afrika het meer werksgeleenthede nou dringender as ooit nodig, en in groter getalle as wat ooit voorheen nodig was. Uit die verslag: “Five million jobs: how to add five million jobs to the South African economy over the next five years”. Vind dit by www.cde.org.za Studies toon dat elke werker in Suid-Afrika in die algemeen ’n minimum van vyf afhanklikes op hulle skamele lone onderhou. Dit beteken dat elke keer wanneer ’n enkele werkers sy werk verloor, vyf of meer mense gedompel word in krisisse soos armoede en ’n verlies aan waardigheid. Die gevoel van sosiale samehorigheid van gemeenskappe word in die proses vernietig. Bron: Gesamentlike verklaring deur Zwelimzima Vavi en Bobby Godsell, medevoorsitters van die Millennium-Arbeidsraad 2. Internasionale sakeomgewing Suid-Afrika is gevoelig vir die globale ekonomie. Ons het dit gesien in 1998 (die krisis in Suidoos-Asië) en in 2009 (die globale finansiële krisis en die gepaardgaande resessie). Selfs vandag nog werp die krisis van skuld en ’n lae groeisyfer ’n ’n skaduwee oor ons land. Europa is ’n belangrike handelsvennoot, dus het probleme wat dáár ondervind word, ’n groot invloed op Suid-Afrika se vervaardigings- en uitvoersektore. In die tweede helfte van 2011 het werkloosheid wêreldwyd die hoogste vlak bereik wat al ooit aangeteken is met ’n syfer van oor die 200 miljoen – sowat 6.2% van ’n totale potensiële arbeidsmag van ongeveer 3.23 miljard. In lande soos Spanje en Griekeland het die syfer 40% oorskry. In 2012 was 197-miljoen mense sonder werk, volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO). Dit is onwaarskynlik dat werkloosheidsyfers binnekort sal verbeter. Die jongste verslae en statistieke is beskikbaar by www.ilo.org, die webwerf van die ILO. Sien ook: • Internasionale Monetêre Fonds (IMF) www.imf.org • International Trade Union Confederation (ITUC-Africa) www. ituc-africa.org • World Economic Forum (WEF) www.weforum.org