308
Die Plan sluit die uitbreiding van hawens en spoorlyne in asook die
modernisering van die padnetwerke. Ander infrastruktuur wat aandag
gaan kry is damme, besproeiing, kragstasies, hernubare-energieaanlegte,
transmissielyne en breëband en die uitbreiding van die bou van skole,
hospitale en universiteite.
9. Belanghebbendes
Transnet se strategiese infrastruktuur-ontwikkelings is aanvaar as deel van die
National Planning Commission’s National Development Plan en die Strategic
Integrated Projects (SIPs)-program van die Presidential Infrastructure Coordinating Commission. Die elfde van hierdie prioriteitsprojekte (Sip 11) is
’n agri-logistiek en landelike infrastruktuur een. Hier ingesluit is fasiliteite vir
berging (silo’s, varsproduktefasiliteite, pakhuise) en vervoerverbindings na
hoofnetwerke (landelike paaie, syvertakkings en hawens.
Beperk u maalwerk tot een plek – verminder u vervoerkoste. Kyk die
hoofstuk oor mikromaal.
Verskeie befondsingsmodelle word onbdersoek vir die R3,2 triljoen infrastruktuurontwikkelingsplan met verskeie opsies op die tafel.
Belegging in infrastruktuur is ’n wenner omdat dit die grondslag lê vir vinniger
groei, inklusiwiteit en werkskepping. Dit sal ook die integrasie van Afrikaekonomieë ondersteun.
Departement van Ekonomiese
Ontwikkeling
Tel: 012 394 1006
www.economic.gov.za
Minister Patel staan aan die hoof
van die Sekretariaat van die
Presidential Infrastructure Coordination Commission (PICC),
met as taak die koördinering van
die regering se infrastruktuurplan.
Departement Landbou,
Bosbou en Visserye (DLBV)
Direktoraat: Bemarking
Tel: 012 319 8455
Departement van Openbare
Ondernemings (DOO)
Tel: 012 431 1000 / 21
www.dpe.gov.za
Departement van Vervoer
Tel: 012 309 3000
www.transport.gov.za
Ander departemente wat betrokke
is, sluit die Departement
van Provinsiale en Plaaslike
Regering, die Departement
van Openbare Werke, die
Departement van Internasionale
Verhoudings en Samewerking
en die Departement van Handel
en Nywerheid in.
Die konstruksie van paaie, asook
die herstel en instandhouding
van paaie maak deel uit van die
regering se Uitgebreide Openbarewerkeprogram
(Expanded
Public Works Programme [EPWP]).
8. Afrikasakeomgewing
• Afrika se infrastruktuur is agter in vergelyking met dié van ander
ontwikkelingstreke.
• Om goedere oor grense heen te beweeg en die gebrek aan
infrastruktuur is hoofstruikelblokke tot handel tussen Afrika-lande
(Intra-Afrikahandel vorm slegs ongeveer 12% van die kontinent se
oorkoepelende handel).
• Die NEPAD-agentskap het infrastruktuurontwikkeling geïdentifiseer
as die mees kritieke behoefte in die oorbrugging van die gaping
tussen en Afrika en die ontwikkelde wêreld. Sonder toereikende
vervoer, energie, telekommunikasie en waternetwerke word alle
ontwikkelingsinisiatiewe geweldig bemoeilik en in die wiele gery.
• Die koste van die hantering van Afrika se infrastruktuurbehoefte is
volgens die Wêreldbank ongeveer $93 miljard ’n jaar.
• Baie beleggers sien nou die situasie as ’n geleentheid.
• Lees oor die Programme for Infrastructure Development in Africa (PIDA)
by www.pidafrica.org.
• Ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe (SDI’s) of handelsdeurgange is
regeringsgedrewe programme in gebiede met inherente potensiaal.
Vervoermodusse (paaie, hawens, ens) word geharmonieer.
• Die Regional Indicative Strategic Development Plan (RISDP), die SADC
Regional Infrastructure Development Master Plan (RIDMP), die NoordSuid-korridor en die nuwe Oos-Wes-Vervoerkorridor (NEWCOR)
is almal maatreëls wat aanvaar is om intra-Afrika- infrastruktuur te
verbeter.
Kry nuus oor infrastruktuurprojekte vir elke land by www.afdb.org, die
webwerf van die African Development Bank.
Die provinsiale beleggingsagentskappe is betrokke, byvoorbeeld Invest
North West. Kry hulle besonderhede in die hoofstuk oor verskaffers van
finansiële dienste.
Staat – algemeen
Kyk opskrif 7
Transnet is die opsigter van
Nasionale Landboubemarkingsraad
spoorweë, hawens en pypleidings.
Marketing and Economic Research In 2012 het Transnet aangekondig
Ce