Voorwoord deur die Minister
1
en arm het groter geword, terwyl voedselonsekerheid in huishoudings
miljoene gesinne oor die hele land raak.
Daar is verskillende menings oor hoe om die regte omgewing te skep
waarin probleme soos werkloosheid en armoede opgelos kan word.
Is dit moontlik om die ekonomie so te herstruktureer dat die huis
nie in duie stort nie? Diegene wat meen dat hulle geen voordeel uit
die ekonomie trek nie, wonder hoe dit in hulle belang is dat die huis
staande bly.
Sake word natuurlik nie deur die wêreldwye negatiewe ekonomiese
omstandighede verbeter nie, maar die land wat nie sy eie huis in orde
het nie, kom voor bykomende uitdagings te staan wanneer hy in die
breër wêreldekonomie optree.
Te midde van hierdie prentjie bly die landbou ’n stewige pilaar in
ons ekonomie. Op nasionale vlak geniet ons voedselsekerheid, ons
sekondêre nywerhede het die nodige grondstowwe, en daar is
ekonomiese aktiwiteit in groot dele van ons landelike gebiede.
Foto: Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Me. Tina JoematPettersson by Bronkhorstspruit tydens die World Food Day 2012
herdenking
Die ekonomie is die huis van ’n nasie. Onder die dak van dié huis
vind mense beroepe en geniet hulle veiligheid en vervulling. Die nasie
wat ’n eenheid vorm, aanvaar kollektief verantwoordelikheid vir die
bevordering van ekonomiese groei en ontwikkeling.
Sedert die aanbreek van demokrasie in Suid-Afrika is al baie doelwitte
bereik, party met ’n hoë profiel, maar talle ander weer nie. Sonder
om aan ons prestasies afbreuk te doen, moet ons onthou dat talle
Suid-Afrikaners van die ekonomie uitgesluit bly. Die kloof tussen ryk
Hoe beter ons met die sektor, die samestellende dele daarvan en die
rolspelers vertroud is, hoe beter is ons kanse om die deurbrake te
bewerkstellig wat ons so dringend nodig het om die lyding veroorsaak
deur armoede en werkloosheid te verminder.
Inisiatiewe soos hierdie publikasie dien as ’t ware as ’n kaart van die
sektor en bring ons in verbinding met hulpbronne, deskundiges en
ander bronne van hulp. Ek nooi u om saam met my die Agri Handboek
vir Suid-Afrika te gebruik ten einde Suid-Afrika ’n beter tuiste vir almal
te help maak.
Die agbare Tina Joemat-Pettersson (MP)
MINISTER VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE
Van die redakteur
Toe die wêreld wat ons geken het, die felste stryd in sy geskiedenis betree het, het een van sy beste digters die gedig “In Time
of ‘The Breaking of Nations’” geskryf. Hierin vorm die gebeure van daardie tydsgewrig slegs die agtergrond; die fokus is op
’n boer wat sy landerye bewerk.
In onsekere tye is die landbou prakties, onmiddellik, die logiese ding om te doen. Terselfdertyd is dit versiende, ’n manier om
vir die toekoms te beplan en, trouens, om ’n stem ten gunste van die toekoms uit te bring.
Bykans ’n eeu nadat die gedig geskryf is, sal niemand beweer dat ons planeet vrede beleef nie, selfs al is daar geen wêreldoorlog
aan die gang nie. Te midde van al die vraagstukke waarvoor die wêreld staan, is hierdie publikasie ons stem ten gunste van die
toekoms en die mensdom.
Die boek word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die mense wie se logo’s op die omslag geplaas is en wie se
advertensies op die boek se bladsye verskyn. Ons opregte dank aan hulle almal. Ons wil graag die nasionale en provinsiale
koördineerders van die omvattende landbousteunprogram (CASP) van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye
bedank. Met hulle hulp sal 4 800 eksemplare van hierdie boek in die hande geplaas word van voorligtingsbeamptes wat sal
help om die kennis en inligting vervat in die bladsye van die boek om te sit in die lewende werklikheid van landbouprodukte
en finansieel volhoubare gesinne.
En as u na hierdie boek kyk, is u waarskynlik ook by die landbou betrokke. Ook aan u gaan ons beste wense en ’n uitnodiging
om met ons in verbinding te tree as u nie die inligting waarna u soek, hierin kry nie. Ons sal u dan help. Besoek asseblief ook
ons nuwe webwerf, www.AgriHandbook.co.za, waar u ook die amptelike blog vir hierdie publikasie en, later in 2013, ’n aanlyn
weergawe van die boek sal kry.
Craig Macaskill
Redakteur: Die Agri
Handboek vir Suid-Afrika