Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 280

278 • Grootmaathouers word gebruik, maar net vir produkte wat versap word. • Rekenarisering (strepieskodering) maak dit vir die produsent of die koper moontlik om enige pallet, grootmaathouer of kardoes van die plaas af tot in die supermark regdeur die leweringsketting na te spoor. Vir hoëwaardeprodukte word radiofrekwensie-identifikasieskyfies (RFID of Radio Frequency Identification Discs) al hoe meer gebruik om bedrog teen te werk en voorraad te beheer. • Sommige van die herverpakking word om twee redes oorsee gedoen: 1) om die gehalte van die vrugte wat ontvang is na te gaan en 2) om vinniger op die markvraag te reageer. insette Verpakking 1. Oorsig • “Verpakking” sluit buigsame en onbuigsame plastiekhouers, kartonhouers, plastiekgrootmaatdromme, mandjies en kissies vir vrugte en groente, sakkiemasjiene, blikplaatemmers en blikkies en ander metaalhouers, poliskuim, polistireen, asook toerusting vir die vakuumverpakking van vleis, vis, kaas, fyngebak, pasta, vrugte en poeiers in. • Verpakking het al ver ontwikkel van die ou konsep van ’n kardoes – so goedkoop moontlik – waarin ’n mens produkte van die plaas af winkel toe neem. • Voor die verbruiker ’n koopbesluit neem, moet verpakking aan ’n aantal basiese kriteria voldoen, byvoorbeeld, beskerming van die produk en die verbruiker, voorsiening van inligting vir die maak van ingeligte keuses, funksionele ontwerp en waarde vir geld. • Met die bemarking van ’n produk is ’n fundamentele vereiste dat die produk in ’n puik toestand by sy bestemming moet aankom. Verpakking wat sterkte (veral by opstapeling), korrekte ventilering, en algehele beskerming bied en wat sagkens op die produk is, is noodsaaklik. • Die rol van verpakking in die bemarking van varsprodukte sal duidelik sigbaar wees as ’n mens oor die vloer van enige varsproduktemark stap. Niks vertoon beter as ’n netjies opgestapelde ry palette met ’n aantreklike, handelsmerkproduk van gehalte wat te koop aangebied word nie. (Die kontras is bruin, onaantreklike kardoese, dikwels ingeduik en stukkend, wat minderwaardige gehalte vir die goedkooplynkoper aanbied.) • Indien u ook by etikettering betrokke is, moet u bewus wees dat nuwe etiketteringswetgewing van Maart 2012 van krag is, wat die gebruik van terme soos “vrylopend”, “organies”, ensovoorts, reguleer. Die wetgewing spruit voort uit die Departement van Gesondheid se regulasie betreffende die etikettering van advertering van voedingsmiddels (regulasie R146/2010). Die omskrywing en toepassing van hierdie protokols sal egter die verantwoordelikheid van die Department van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) wees. Tesame met die Verbruikers-beskermingswet (CPA), beteken dit dat die etikettering van produkte meer oorweging, akkuraatheid en omsigtigheid as in die verlede sal vereis. Bron: Verpakkingsraad van Suid-Afrika 3. Hersikleerbare en biodegradeerbare verpakking Die volgende kieslysopsies op die Verpakkingsraad van Suid-Afrika (PACSA) webtuiste – www.pacsa.co.za – is van belang vir die leser: • The Recovery Action Group (RAG) • Packaging and the environment • Packaging recycling in SA • Waste Management Plan Vind die “Plastics & the environment” opsie by www.plasticsinfo.co.za 4. Belanghebbendes Verenigings wat betrokke is Verpakkingsraad van SuidAfrika Packaging Council of South Africa (PACSA) Tel: 011 463 9909 www.pacsa.co.za Bron: Verpakkingsraad van Suid-Afrika (aangepas), Farmer’s Weekly 8 April 2011 bladsy 42 “Dikwels sien kleiner boere, wat ver van die mark af is, nie dat ander boere beter pryse vir produkte van dieselfde gehalte, w