270
is. Maak seker dat dié seëls nie lug deurlaat nie. Indien hulle lug deurlaat,
beteken dit dat stof moontlik verby die filtreerder tot binne-in die enjin
gekom het. Stof in die enjin is ’n baie groot probleem. Kyk deeglik vir olieen brandstoflekplekke. Dis nie altyd moontlik om dit te sien nie, aangesien
handelaars die trekkers met stoom skoonmaak en ontghries voordat dit
verkoop word. Skakel die ontsteker aan. Die meeste trekkers het liggies:
een vir oliedruk en een wat aandui of die wisselaar gelaai word. Albei moet
aangaan wanneer die sleutel gedraai word. Indien hulle nie aangaan nie, is
iets verkeerd. Skakel die enjin aan – beide liggies moet afgaan. As hulle nie
afgaan nie, moet u liefs nie die trekker koop tensy dit eers herstel word nie.
Warm die enjin op – maak seker dat die temperatuurmeter werk. Luister
na die enjin terwyl dit opwarm en hou die uitlaatpyp dop.
As die enjin nie egalig loop nie en daar blouwit rook by die uitlaatpyp uitkom,
is daar waarskynlik iets met die brandstofinspuitingstelsel verkeerd. Dit kan
baie duur wees om te herstel. As die trekker ’n groot klomp donker rook
uitblaas, kan die suierringe geslyt wees. Dit beteken gewoonlik dat die
trekker se enjin opknapping nodig het.
Gebruik al die ratte in beide draagwydtes. Maak seker dat die rathefboom
nie in enige rat te los is nie en dat dit nie uit rat uit spring nie. Gaan die
hidroliese hystoestel na. ’n Mens sal ’n ploeg nodig hê om seker te maak
dat dit reg werk. Kyk of enige pype stukkend is of om een of ander rede
vervang moet word. Gaan die groot ghriesnippels na. As hulle skoon is,
beteken dit dat die trekker waarskynlik gereeld in stand gehou is. Maak ook
seker dat die kragaftakker werk. Laat die trekker vir ’n rukkie luier totdat
die enjin warm is. Kyk weer vir olie- en diesel-lekplekke. Maak ’n lys van
alles wat verkeerd is en herstelwerk nodig het. Bereken die herstelkoste.
Besluit of jy steeds die trekker wil koop. Toon die lys aan die verkoper en
probeer om ’n beter prys te beding.
Of u ’n nuwe of tweedehandse trekker koop, maak seker dat u die
operateurshandleiding kry. Lees dit sorgvuldig. Dit sal aandui hoe om die
beste gebruik uit die trekker te kry. As u baie van die herstelwerk self wil
doen, koop ’n werkswinkelhandleiding. Dit sal aandui hoe die meeste van
die herstelwerk gedoen moet word. Werkswinkelhandleidings is duur en
moet direk van die fabriek bestel word.
Bron: The People’s Guide to Farming – Growing Plants Handbook deur die
Omgewing- en Ontwikkelingsagentskapstrust en Juta Education.
5. Vir die nuwe toetreder
Die volgende inligting is ook aangepas uit die The People’s Guide to Farming –
Growing Plants Handbook deur die Omgewing- en Ontwikkelingsagentskapstrust
en Juta Education. Ons dank aan Donaldson Filtration Systems vir terugvoering
oor die artikel.
Gedurende die eerste twee jaar is die herstelkoste nie so hoog nie; maar
teen die tyd dat ’n trekker vyf jaar oud is, begin al hoe meer dinge verkeerd
gaan en word herstelwerk duurder.
Grootte van trekker
Indien u groot landerye het, sal ’n groter trekker wat groter implemente
trek die werk vinniger doen. As die grootte van die grond minder as 10
hektaar is, is dit geldmors om ’n trekker te koop.
Aankoop van trekkers
Aangesien ’n trekker duur is, kan ’n boer maklik meer spandeer om die
grond om te ploeg as wat hy met die verkoop van die oes inkry. Daar is
twee moontlike oplossings vir hierdie probleem: hy kan ’n trekker huur of
(miskien nog beter) ’n trekker as deel van ’n groep boere aankoop.
Hoe om u trekker te onderhou:
Wanneer
Wat om te doen
Elke dag
Maak die lugfilter skoon.
Gaan die olie, water en banddruk na.
Elke 50 uur
Ghries
die
hidroliese
hysernippels,
krenkspilnippels,
vooras,
remen
koppelaarnippels.
Versien en maak die lugfiltreerder en oliebad
skoon.
Dreineer
kondensaat
van
die
eerste
brandstoffiltreerder.
Draai alle boute en moere vas; monitor vir lekke.
Gaan battery na; maak alle aansluitings met
koeksoda en water skoon.
Elke 100 uur
Gaan die spanning van die wisselaar se
waaierband na.
Dreineer olie, vervang oliefilter en eerste
brandstoffiltreerder.
Versien en (indien nodig) top die ratkas, ewenaaren hidroliese oliehefbome op.
Na elke 1000 uur
Laat ’n opgeleide werktuigkundige die klepstoters
stel, die inspuiters kalibreer en vasstel of enige
ander diens of herstelwerk nodig is.
Dis moontlik dat opkomende boere meer kan spandeer om hul trekkers te
herstel as wat dit kos om ’n nuwe trekker te koop. Indien ’n groep boere
’n trekkerhuurskema begin, moet hulle altyd ’n bedrag geld in ’n fonds stort
om vir ’n nuwe trekker te betaal en hierdie fonds moet by hul huurtarief
ingesluit wees. (Hulle moet ook onthou dat trekkerpryse styg).
6. Belanghebbendes
Verenigings wat betrokke is
SA Landboumasjinerieassosiasie (SALMA)
Tel: 011 453 7249
www.saama.co.za
South African Haulage Tractor
Transport Association
Tel: 011 453 7249
Opleiding en navorsing
LNR – Instituut vir Landbou-ingenieurswese (LNR-ILI)
Tel: 012 842 4000
www.arc.agric.za
Die LNR-ILI is betrokke by navorsing en ontwikkeling oor implemente en
trekkergebruik. Hulle verskaf ook opleiding in basiese meganisasiekonsepte
en –beplanning.
Verskeie AgriSETA-geakkrediteerde groepe bied trekker- en
trekkerverwante kursusse aan. Voorbeelde sluit in:
• Agriskills Transfer Tel: 012 460 9585 www.agriskills.net
• Koue Bokkeveld Training Centre Tel: 023 317 0983
• Premier Pork Producers Tel: 012 361 3920 www.premierpork.co.za
• Protea-opleidingsentrum Tel/faks.: 021 982 4580
• Skills for Africa Tel: 012 379 4920 www.skillsafr ica.co.za
• SA Suikerrietnavorsingsinstituut (SASRI) Tel: 031 508 7404
Produsente-organisasies soos Graan SA bied kursusse aan. Besoek www.
graansa.co.za of bel 08600 47246.