24
Die koördinering van alle landbou-unies en distrikslandbou-unies
is die verantwoordelikheid van die betrokke streeksvoorsitter en
streeksbestuurder.
inleiding
Dienslewering
Probleme en sake wat deur lede aanhangig gemaak word, word gesamentlik
deur verskillende strukturele sektore van die TLU SA namens die individuele
boer en landbou as sodanig hanteer, afhangende van die erns daarvan.
’n Bepaalde roete word in sulke gevalle gevolg. ’n Saak word eers op die vlak
van die betrokke boerevereniging hanteer, dan op distriksvlak en daarna op
provinsiale vlak, en alle nasionale kwessies word kollektief op nasionale vlak
bespreek.
Kommunikasie
Tweerigtingkommunikasie vind daagliks via die struktuur van en na die
hoofkantoor plaas.
Kommunikasiemiddels:
• Webtuiste – www.tlu.co.za. Die webtuiste bevat inligting omtrent die
dienste wat die TLU SA lewer, asook bygewerkte persvrystellings en
internasionale bulletins oor tersaaklike landbounuus.
• TAU SA International Bulletin. Hierdie is ’n tweemaandelikse bulletin in
Engels wat feite bevat oor die situasie in Suid-Afrika en die gevolge
daarvan vir die landbou en die ekonomie. Die bulletin word per e-pos
aan verskillende kontak-adresse in die buiteland gestuur.
• TLU SA “Pitkos”. Elke tweede week word ’n “Pitkos” per e-pos aan
alle lede gestuur om hulle op die hoogte te hou van die organisasie se
aktiwiteite
• TLU SA nuus. Advertensies en artikels word in die verskil