Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 254

252 Kragfaktor insette Pompe en opwekkers Raadpleeg ook die “Besproeiing” en “Boorgate en windpompe” hoofstukke 1. Oorsig Die keuse van ’n pomp vir ’n projek is ’n spanpoging: hoe beter die gebruiker kan sy vereistes kan uiteensit (bv vloei, kop, vlakke, alternatiewe take), hoe makliker is dit vir die leweransier (en die gebruiker) om die toepaslike toerusting te selekteer. Oorwegings by die korrekte keuse van hardeware vanuit die perspektief van die enjinvervaardiger, ten einde suksesvolle engin-aangedrewe opwekkertoepassing te verseker. Basiese beginsels by opwekkers • ’n Opwekker kan hetsy AC- (wisselstroom-) of DC- (gelykstroom-) wees. AC-opwekkers word ook alternators genoem, en is so algemeen bekend dat ’n AC-opwekker en ’n opwekker as dieselfde ding beskou word. • ’n AC-opwekker produseer elektriese stroom deur ’n geleier deur ’n vloedveld deur te laat. Op opwekkerstelle van 15KW en minder word permanente magneettipes vir die vloedveld gebruik, terwyl groter stelle ’n DC-stroom in veldwikkelings gebruik. Die AC-opwekker se stroom word opgewek wanneer die ankerwikkelings deur die vloedveld sny. Die regulering van die DC-stroom in die veldwikkelings beheer die spanning. • Vroeë AC-opwekkers het ’n vaste veld en ’n roterende anker gebruik. Die moderne AC-opwekkers gebruik roterende veldwikkelings met ’n stilstaande anker om leweringstroom te genereer. Die roterende veld staan bekend as ’n rotor en die stilstaande anker is die stator. ’n Opwekker wek die DC-stroom vir die roterende veld op. Die opwekker kan staties of roterend wees. Groottebepaling van opwekkers • Daar is drie maniere om opwekkers se groottes te bepaal, naamlik: - Spitslas, Motoraansitter, Oorgangsresponsie • Wanneer groottebepaling vir spitslas gedoen word, bereken die installeerder die maksimum kilowatt elektriese lading en kies ’n opwekkerstel met gelyke of groter kilowatt-kapasiteit. • Om groottebepaling te doen vir motoraansitter bepaal die installeerder die maksimum motoraansitter-stroom (invloeistroom) tesame met enige ander ladings en kies dan ’n opwekkerstel met gelyke of groter kilowatt-kapasiteit. Aangesien ’n tipiese motoraansitterstroom vyf maal die werkstroom is, kom maksimum spanningsdalings voor wanneer die motor aangeskakel word. Kleiner opwekkerstelgroottes kan gebruik word wanneer die motors volgorde-aanskakeling het of verminderdespanning-aanskakeling gebruik. Volgordeaanskakeling versprei die invloeilading van verskeie motors, terwyl verminderdespanning-aanskakeling die motor se aanskakelingspanning verlaag. • Groottebepaling vir oorgangsresponsie is gegrond op die vermoë van die opwekkerstel om ’n lading te aanvaar en binne ’n vasgestelde tyd na normale frekwensie en spanning te herstel. Oorgangsresponsie word tipies nagegaan deur bloklading van die stel met ’n lasbank. • Die klant moet die beperking vir die maksimum spanningsdaling, hersteltyd en kragfaktor spesifiseer. • Wanneer ’n AC-stroombaan uit ’n suiwer weerstandslading bestaan, is die stroomgolf gelykfasig met die spanningsgolf. Met ’n suiwer induktansielading is die s