Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 252

250 7. Publikasies en webtuistes insette Alle geregistreerde chemikalieë in Suid-Afrika word gepubliseer in gidse soos A guide for the control of plant diseases en A guide for the control of plant pests, wat op In gereelde basis deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye bygewerk en uitgegee word. Skakel 012 319 7141 of skryf aan die Inligtingsentrum, Privaatsak X144, Pretoria 0001 vir meer besonderhede. Besoek die webtuiste van Information Core for Southern African Migrant Pests (ICOSAMP) by www.arc.agric.za Publikasies is verkrygbaar by CropLife SA/ACDASA: • Operateurshandleiding: verantwoordelike gifstofgebruik (in sewe van die amptelike tale beskikbaar) • Guide to the Treatment of Poisoning by Chemicals – noodsaaklik vir die mediese beroep. • Guidelines for the Road Transportation of Dangerous Goods • RSA klassifikasiekode vir die etikettering van landbouchemikalieë • Plakkaat oor verantwoordelike gebruik Die onderstaande publikasies is beskikbaar by die Inligtingsentrum van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye – en kan ook geraadpleeg of afgelaai word deur www.daff.gov.za te besoek: • Pesticides: disposing of empty containers • Pesticides: How to handle pesticides safely • Pesticides: poisoning • Pesticides: protective clothing • Pesticides: Safety measures • Pesticides: storing agrochemicals and stock remedies • Pesticides: What does the label say? • Policy for managing the locust problem in SA Daar is ook ’n reeks publikasies oor oesplae by die LNR beskikbaar (sommige op CD-ROM). Besoek hulle webtuiste www.arc.agric.za, waar u ook die LNR se nuusbrief oor plantbeskerming (en by www.agis.agric.za) kan besigtig. Die LNR se Infruitec-Nietvoorbij het In reeks pamflette oor siektes en plae van sagtevrugtegewasse. Bel 021 809 3100 om dit te bestel. Skakel 012 842 4017 of e-pos [email protected] vir die volgende publikasies, beskikbaar by die LNR in Silverton: • Mechanisation basics: Sprayers and spraying techniques (Training manual) • Small-scale chemical sprayer Bacterial Diseases of Plants in South Africa deur Teresa A. Coutinho, Teresa Goszczynska, Cheryl Lennox en Stephanus Venter; ISBN 978-1-920146-023. Hierdie boek verskaf inligting oor bakteriële siektes van landbougewasse, ornamentele boomspesies en boomspesies wat in woude voorkom. Dit word deur Briza Publikasie (http://briza.co.za/bookstore) versprei. By www.pestsandcrops.com word lyste gegee van plae wat meer algemene oesgewasse teister. Kry die African Arahnid Database (AFRAD) by www.arc.agric.za, ’n kundige aanlyn databasis geïnisieer deur LNR-NIPB wat belangrike inligting oor geïntegreerde plaagbestuur (IPM) programme bied (vir lande Suid van die Sahara). Lees wat die South African Investor Handbook sê oor “chemikalieë en plaagdoders”. Kry die boek by www.thedti.gov.za en www.jadafa.co.za. Kry die “Crops and crop protection” Infotoons by www.agis.agric.za/ efarmer Bronne vir die hoofstuk: CropLife SA; www.croplife.co.za; www.acdasa.co.za; Perishable Products Export Control Board Ons hartlike dank aan Tom Mabesa en Hettie Dickenson (CropLife SA) vir hulle bydrae. Omheining 1. Oorsig Konvensionele omheining Dit is noodsaaklik om goeie omheining vir vee te hê. As ’n mens met skape of bokke werk, kan dit duur wees om heinings op te rig wat stewig genoeg is om hulle binne te hou. Sifdraad is beslis die mees effektiewe soort omheining, want dit hou nie net pasgebore skaap- of boklammers binne nie, maar ook die meeste roofdiere uit. ’n Goedkoper alternatief is om ’n draadheining van sowat 1,2 m hoog met sewe of agt stringe draad te span. Die boonste draad en miskien een of twee ander kan doringdraad wees, maar gladde staaldraad is verkieslik vir die res, mits hulle styf gespan bly. Sparheinings Sparheinings (valspaaltjieheinings) is nie nuut nie. Die outydse sparheining bly ’n staatmaker wanneer dit kom by die aa