216
2. Vir die nuwe toetreder
Inenting
Inenting is ’n proses waar ’n mens ’n biologiese produk in ’n dier inspuit.
Dit is ’n proses waar ’n mens ’n dier blootstel aan ’n gekodifiseerde of
verswakte siekte-veroorsakende organisme. Hoe meer teenliggaampies die
dier het om daardie spesifieke siekte te beveg, hoe kleiner is die kans dat hy
dit sal kry. In baie gevalle moet ’n dier jaarliks ingeënt word om immuniteit
teen spesifieke siektes te verseker.
Die ouderdom waarop ’n jong dier vir die eerste keer ingeënt word, speel
’n belangrike rol in sy reaksie op inenting. Dit is omdat die jong dier steeds
’n mate van immunisering het uit die moeder se biesmelk of kolostrum. Dit
is passiewe immuniteit, maar dit versteur die werking van die entstof as dié
te vroeg gegee word.
• Volg die korrekte toedieningsroete.
• Die koue ketting met nooit gebreek word nie (vervoer en berging van
die entstof op die plaas).
Die verkeerde hantering van entstowwe is een van die grootste oorsake dat
’n entstof nie werk nie. U moet u entstowwe by ’n temperatuur van 4-8ºC
hou, en seker maak dat u steriele naalde het; u moet steriele silinders hê om
te voorkom dat u siektes van een dier na ’n ander oordra.
4. Nasionale strategie en regeringskontakte
Soek die “Food and Veterinary Services”-opsie onder “Divisions” by www.daff.gov.
za.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het maatreëls, soos
die uitbreiding van die bestaande beursskema vir veeartsenystudies en
die bekendstelling van ’n jaar se verpligte gemeenskapsdiens vir veeartse
wanneer hulle graad gekry het, bekend gestel om beter veeartsenydienste
te verseker.
Direktoraat Dieregesondheid
Tel: 012 319 7615 / 7456
[email protected]
Directoraat: Genetiese
Hulpbronne
Tel: 012 319 6024
Soek die “Feeds, S