Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 200

198 5. Nasionale strategie en regeringskontakte In sy kommentaar oor die regering se teikens vir werkskepping in 2012, het Dr. Ferdi Meyer van die Universiteit van Pretoria saamgestem dat die landbou wel sy teiken van een miljoen nuwe werksgeleenthede kan behaal mits daar stappe gedoen word om die mislukte grondhervormingsprojekte weer produktief te maak en meer grond vir besproeiingsboerdery beskikbaar gestel word (sien die hoofstuk oor werkskepping). Besproeiing is ook jare gelede geïdentifiseer as een van vyf prioriteite van die Versnelde en Gedeelde Groei Inisiatief vir Suid-Afrika (AsgiSA). Departement van Waterwese Tel: 012 336 8664 www.dwa.gov.za Besoek die webtuiste en kies “Documents” vir ’n oorsig van die beskikbare inligting asook die Nasionale Waterwet 36 van 1998 en, onder andere, die bestuur van watergehalte. Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) Direktoraat: Infrastruktuurondersteuning Tel: 012 319 846 8502 [email protected] Direktoraat Watergebruik en Besproeiingsbestuur Tel: 012 846 8567 [email protected] Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het bepaal dat besproeiingsontwikkeling een van die vyf belangrikste areas is waarop die Accelerated and Shared Growth Initiative for South Africa (AsgiSA) moet fokus. Die oogmerk is ’n toename van 50 persent in besproeiing, dus moet ’n hersiene besproeiingstrategie ter tafel gelê word. Die dokument Irrigation Strategy for South Africa is beskikbaar op die internet of by die DLBV. Die dokument is in die volgende hoofstukke verdeel: • General • Natural resource base for irrigated agriculture in South Africa • Institutional structures and arrangements required for successful, efficient, sustainable irrigated agriculture • Resource surveys, land suitability evaluation and land use planning • Irrigation research, extension and advisory services • Infrastructure for irrigated agriculture • Management in irrigated agriculture • Education and training of irrigation scientists and farmers • Revitalization, re-development or upgrading of irrigation schemes and private irrigation farms that have collapsed or are under-utilized and handling of cases of unlawful irrigation • Development of new commercial irrigated areas • Mini-scale irrigated agriculture for household and community level food security • Strategies relating to non-agricultural laws which strongly impact on irrigated agriculture 6. Belanghebbendes Verenigings Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI) Tel: 021 855 5412 [email protected] www.sabi.co.za SABI, wat meer as 35 jaar gelede gestig is, het tans meer as 450 lede wat onder meer ontwerpers, ingenieurs, grondwetenskaplikes, gewaskundiges, ekonome en besproeiingsboere insluit. SABI het ook meer as 65 maatskappylede wat hoofsaaklik vervaardigers en verskaffers van besproeiingstoerusting verteenwoordig. SABI se hooffunksies is: • besproeiingstandaarde en norme; • ’n forum waar rolspelers in die bedryf sake van belang kan bespreek; en • die uitruil van kundigheid om doeltreffende gebruik van besproeiingswater en die bewaring van water te bevorder. SABI dien die belange van besproeiïngsboere, besproeiingsontwerpers en studente van besproeiing. Lede van SABI word in die professionele, akademiese, private en openbare sekto