Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 116

114 hulpbronne en goeie landboupraktyk Departement van Waterwese www.dwa.gov.za Kry verskeie afvalbestuurriglyne en beleidsdokumente oor afvalbestuur onder die “documents” kiesopsie op die webtuiste. Afvalbestuur Alle persone en organisasies wat afval in Suid-Afrika genereer, word deur die National Environmental Management Waste Act, No. 59 of 2008 beheer. Raadpleeg die lys van afvalbestuurskatiwiteite wat ’n nadelige effek op die omgewing het, of kan hê, by www.polity.org.za. Afval is enige materiaal wat geen direkte waarde vir die produsent het nie en waarvan daar gevolglik ontslae geraak moet word. Alle boerderybedrywighede skep afvalprodukte wat die bestuur daarvan noodsaak. Afval op plase sluit die volgende in: agrochemikalieë (plaagdoders, ens.), dierkarkasse, grys water (waarmee melkerytoerusting byvoorbeeld gewas word), swart water (riool), mis, grondopvulling en terreinstorting. Boere wat afvoerwater gebruik of opgaar sal by die DWEA moet registreer. Alle boere wat behandelde afvoerwater vir besproeiing en/of rioolslyk vir bemesting gebruik, sal moet registreer. Ander aktiwiteite wat registrasie vereis sluit onder meer die volgende in: verdampingspoele vir afvoerwater, die berging van afval deur middel van grondopvullings of terreinstortings, en die gebruik van bergingsfasiliteite vir bemesting. Dit sal gevaarpunte vir die agteruitgang van waterbronne se gehalte identifiseer. Die DWAF DW 808 vervang die DWAF DW 768-registrasievorm wat elektronies op die WARMS-sisteem by http://www.dwa.gov.za/projects/warms/ voltooi kan word. 1. Oorsig Om afval te bestuur beteken nie net om daarvan ontslae te raak nie, maar dit sluit ook in die vermindering van die hoeveelheid afval, wat ons in die eerste plek gegeneer het. 2. Landbou-geïntegreerde afvalbestuur Die afvalbestuur hiërargie beweeg van die metode wat eerste voorkeur geniet tot die een wat die minste voorkeur geniet. 1. Voorkoming – om in die eerste plek die skep van afval te voorkom, of om oormatige afvalgenerering te voorkom. 2. Hergebruik – waar moontlik word afval hergebruik. 3. Herwinning van afval – glas, blik, papier, karton, plastiek en ’n toenemende aantal items word na gebruik deur herwinningsmaatskappye ingesamel, wat dit prosesseer en artikels daaruit maak wat aan verbruikers herverkoop word. 4. Energieherwinning – ’n belangrike stap wat deur boere ondersoek kan word. 5. Behandeling – afval (veral gevaarlike afval) kan behandel word om die toksisiteit daarvan te verminder, wat weer die koste om daarvan ontslae te raak, verminder. Afval wat nie hergebruik, herwin, behandel, of vir kompos gebruik word nie, word in spesiaal vervaardigde selle in die grond geplaas, gekompakteer en dan met ’n laag grond bedek. Dit is ’n twispunt, omdat metaangas, ten spyte van die grondlaag, ontsnap en dit is dus noodsaaklik dat aandag aan uitloging geskenk word. Erdwurms kan op verskeie maniere op terreine van afvalbestuur gebruik word. Hulle prosesseer enige vorm van organiese afval van voedsel- (huise en restaurante) en tuinafval tot dieremis en -afval, asook afval by slagpale. Raadpleeg die hoofstuk wat handel oor erdwurms en vermikompos. 3. Nasionale strategie en regeringskontakte Departement van Omgewingsake (DEA) www.environment.gov.za Die National Environmental Management Waste Act, No. 59 of 2008 het ten doel om die voorkoming en minimalisering van afvalgenerering, asook die hergebruik en herwinning van afval te bevorder, en om grondopvulling as ’n laaste uitweg te beskou (Suid-Afrika se beskikbare ruimte vir grondopvulling raak min, en afvalbestuur dreineer plaaslike regerings finansieel). Suid-Afrika se afvalbestuurstrategie wat die kabinet goedgekeur het vir implementering in November 2011 mik daarop om teen 2015 69 000 nuwe poste te skep in die afvalbestuur sektor en om 2600 bykomende klein en mediumgrootte ondernemings en verdere hulp te kry wat ’n afval- en herwinningsdiens sal lewer. Die NWMS is gestruktureer teenoor ’n raamwerk van agt doelwitte met gestelde teikens vir 2016. Die agt doelwitte sluit die volgende in: bevordering van afvalvermindering, herverbruik en herwinning van afval , die versekering van effektiewe lewering van afvaldiens en die groei van die bydrae van die afvalsektor tot ’n groen ekonomie. Departement van Openbare Werke www.publicworks.gov.za Die “Food for Waste” program is geïnisieer en geïmplementeer deur die Departement van Openbare Werke in vennootskap met die onafhanklike ontwikkelingstrust as deel van die Uitgebreide Openbare Werke program. Lede van die gemeenskap versamel afval wat hulle dan oorhandig aan hul plaaslike kantore in ruil vir koeponne vir kos. Die artikel, “Waste offenders face stiff penalties, but enforcement capacity questioned” geskryf in Julie 2011 is beskikbaar op www.engineeringnews. co.za en voorsien ’n omvattende ontleding van afvalwetgewing asook bedreigings en geleenthede vir besigheid. 4. Belanghebbendes Die Instituut vir Afvalbestuur (IWMSA) het ’n kontaklys van rolspelers op hierdie gebied. Hulle kontakbesonderhede is onder hierdie opskrif beskikbaar. Verenigings en NSO’s Agricultural and Chemical Dealers of South Africa (ACDASA) Tel: 011 805 2000 www.acdasa.co.za ACDASA is die verteenwoordigende liggaam wat die verantwoordelike bemarking van oesbeskermingsprodukte aan landbouprodusente bevorder. Fairest Cape Association Tel. 021 462 2040 www.fairestcape.org.za Institute of Zero Waste in Africa (IZWA) Tel: 031 202 4576 www.izwa.org.za KwaZulu-Natal Landfill Interest Group Tel: 031 311 8820 Mvula Trust www.mvula.co.za Mvula Trust is die grootste wateren sanitasie NRO in Suid-Afrika. Kry streekskontakbesonderhede op die webtuiste. Institute of Waste Management National Oil Recycling of Southern Africa (IWMSA) Asso 6