112
bemarking en finansiële
dienste
Voorsieningskettingbestuur
1. Oorsig
Die stelsels waarvolgens voedsel en ander landbouprodukte aan die
eindverbruiker voorsien word, het oor die afgelope aantal jare ingrypend
verander – en die kanse is goed dat dit in die toekoms selfs meer kan
verander. Die verskillende rolspelers in landbouvoorsieningskettings
het hul tradisioneel mededingende posisies teenoor mekaar laat vaar
en begin saamwerk om meer effektief te kan meeding. Die opkomende
koördinerings- en beheermeganismes kan kollektief “voorsieningskettingsbestuur” genoem word.
Ondernemings is deur middel van samewerking en die koördinering van
hul aktiwiteite in staat om voordeel uit die voorsieningsketting te trek. Die
voordele van geslaagde voorsieningskettingbestuur kan soos volg opgesom
word:
• laer koste as gevolg van spesialisering
• verbeterde sinergistiese prestasie
• meer inligting om gesamentlike beplanning te ondersteun
• verbeterde klantediens
• verminderde risiko en onsekerheid
• gedeelde kreatiwiteit
• verbeterde mededingingsvoordeel
Hierdie f