HELLO & HIGH FIVE
Geskryf deur Magdie Raats
editorial@blossmag.co.za
HELLO & highfi ve
e n t ji e s
te
wi
4| oktober 2017|www.blossmag.co.za
Magdie Raats
magdieraats
ADVERTENSIES NASIONAAL
Trudi Stander
Tel: +2779 022 7840
ads@blossmag.co.za
INTEKENARE
On The Dot Verspreiding
editorial@blossmag.co.za
KORPORATIEF
Uitgewer: BLOSS MEDIA
magdie@blossmag.co.za
www.blossmag.co.za
Baie liefde,
Magdie
pr
ONTWERPER & UITLEG
Marissa le Roux
TEKSREDAKTEUR
Anuschka Jacobs
WEBREDAKTEUR
Leandra Drake
DIGITALEREDAKTEUR
Natasha Muller
magdieraats
Lees elke maand my blog op blossmag.co.za
en gesels, huil en lag saam.
blog
Gedruk deur Paarl Print KZN en versprei deur
On the Dot. Kopiereg BLOSS Media. Alle regte
voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif
mag sonder die geskrewe toestemming van
die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of
deur enige elektroniese of meganiese middel
weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring,
skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel
vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie
onderskryf nie noodwending die standpunte
gehuldig in artikels, rubrieke en advertensies
nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om
te verseker dat die advies wat in die tydskrif
gepubliseer word, akkuraat is, kan die redakteur
en die uitgewer geen verantwoordelikheid aanvaar
vir enige verlies, skade of ongerief wat daaruit
mag voortspruit nie.
od
H
ier sit ek met ‘n skoon bladsy voor my. ‘n
Nuwe fase, ‘n nuwe begin. Om nuut te begin
is altyd lekker, maar ongelukkig vat dit harde
werk en geloof in jouself. En natuurlik...
risiko. Risiko is eintlik ‘n weird ding! Want
wie sal sommer uit hul comfort zone stap en die onbekende
betree, ‘n tsunami trotseer of die boundaries van die bekende
uitdaag? Risiko is nie noodwendig ‘n slegte ding nie, maar
‘n uitdaging. Een van die grootste gevare in die lewe en
besigheid, is om nie te waag nie. Soos die ou gesegde sê: Wie
nie waag nie, sal nie wen nie. Maar goeie genade, kom ons
wees eerlik; om te waag, vat guts! Dis nie ‘n maklike pad nie,
maar as jou fokus reg is, is enige iets moontlik. Dis die eerste
les wat ek moes leer.
Jenna Clifford het my een kyk gegee en met ‘n harde stem
gesê: Fokus. Weet waarheen jy oppad is en fokus. Hou op dat
chaos rondom jou, jou aandag aftrek. Lig jou kop en fokus.
Baie mense vra waarheen ek verdwyn het? Nes Steve
Jobs is ek uitgeskuif uit my eie brand, maar in plaas van
lê het ek besluit om op te staan, die afgelope 3 jaar as ‘n
leerskool te sien en nog groter te gaan. Om in jong vroue
se lewens in te bou, is my passie en purpose. Dis die
grootste rede hoekom ek BLOSS begin het. Elke sel in my
liggaam weet dat daar ‘n platform moet wees vir jong Suid
Afrikaanse vroue regoor die wêreld. Ek kies hierdie pad
en sal tsunami’s trotseer vir jong vroue! Dit vat een vrou
in wie se lewe ek ‘n verskil kon maak, wat elke tree die
moeitewerd maak.
Om te weet wat jou purpose is, guts te hê en geloof in
jouself , kan mens net so ver vat. Almal het mense nodig
wie in jou glo en soms ook so bietjie kwaai is. Die 2de
ding wat iemand naby aan my gesê het, was: Jy het dit
al gedoen. Doen dit weer. Maar die keer, doen dit beter.
And so I did! BLOSS is nie ‘n tydskrif nie, dis ‘n media
platform vir ALLE Suid Afrikaanse vroue wat hier en
regoor die wêreld bly. Julle gaan BLOSS oral begin sien;
online, op T