JOHAN JACK SMITH
SPOOK
WIEKIE VEGA
MARIKE KOTZE
>>> daar letterlik duisende tipes genres en sub-genres. Julle musiek was al beskryf as electro-rock, maar wat sê julle, stem julle saam of wil julle liewers nie in 'n boksie geplaas word nie?
Dit is inderdaad moeilik om Volkspeler in 'n boksie te sit. Die guitars en die bass word live gedrop in die songs, maar die drums word ge-program, asook die sound-scapes en synths. Daar is heelwat van die songs (byvoorbeeld Breek soos 'n Bitch en Swartskaap) wat seker eerder as Dance/Techno/EBM beskryf kan word. Ek hou daarvan om oral 'n guitar in te gooi. Dan is daar ook songs wat meer Industrial is, en selfs songs wat neig na alternatiewe love songs toe (God behoede ons), soos Middernag Nooi en As die Hart Breek. Ek dink egter daar is niks anders in Afrikaans wat klink soos Volkspeler nie.
Volkspeler... julle is kunstenaars, met ander woorde, skrywers/digters musikante/performers. Hoe werk die kreatiewe proses van Volkspeler? Is dit random en onbeplan of voorbedag en ritualisties?
Wel, baie van die songs is al 'n paar jaar oud. Met die nuwe album is daar hier en daar getweak aan die songs. As jy op 'n plek sit en sê: “Nou gaan ek 'n song skryf,” is jy in vir 'n moerse surprise. Sekere dae vloei die kreatiewe sous net sterker as ander. Soms skryf jy 'n vers, en dan los jy hom tot jy 'n idee het vir chorus. Soms kom dit dadelik, ander kere maande later.
Paul Riekert van Battery 9 het deelgeneem and die produksie van julle nuutste album. Wat presies was sy bydrae daartoe en vertel ons bietjie meer van die enigmatiese ou, jou verhouding/vriendskap met hom ensovoorts?
Ek het jare terug met Paul gepraat oor die foon toe ek nog in Bloemfontein was, oor 'n paar remixes op die 11 Dodelike Sondes album, en toe het ek al agtergekom dat hy 'n baie aangename ou is. Paul het baie van die guitar tracks gedrop op die album, asook meeste van die bass lines, en hier en daar 'n synth. Baie van die songs was klaar structured, en die rol van Paul was om die songs te fix. Alhoewel Paul bietjie ouer is as ek, deel ons steeds dieselfde belangstellings, en het heelwat stories uitgeruil gedurende die proses. Hy kan seker gesien word as die Voorvader van >>> Industriële musiek in Suid Afrika. Hy is steeds plat op die aarde, en dit waardeer ek van hom.
Hoe presies het julle almal, soos die groep nou staan, betrokke geraak by Volkspeler?
Francois Vermeulen is al van die begin af betrokke by Volkspeler, en het eers bass gespeel, toe later guitar, en nou weer op bass, waar hy op sy gemaklikste is. Wiekie Vega is 'n nuwe toevoeging op vocals (en skrywer van drie tracks), en Marike looi die guitar en accordion.
Wat is julle opinie oor die huidige stand van sake in die Afrikaanse musiek bedryf; en wat is jou opinie oor die huidige ‘volksvervlakking’ en ‘taalbekakking’ wat oor die algemeen op kommersieel-kapitalistiese vlak in Afrikaans heers?
Ek vra altyd: Wie blameer mens? Die kunstenaars wat 'n kakhuis vol geld maak of die leke wat daardeur uitgebuit word? Of die mense wat te lui is om meer oorspronklike musiek te soek? Of die media, radiostasies en televisie kanale wat die kak tot vervelens toe promote? Dis 'n fokken lost case. Jy doen dit vir liefde van die saak, vir die erkenning van mense wat iets weet van musiek of die taal. Toe ek jonger was het dit my meer ontstel. Deesdae voel ek een groot vet fok. Ek dink wel net die mense wat Afrikaans praat, is tot meer in staat as die doef-doef doos-distorsie. As hulle net van hulle gatte wil opstaan en gaan soek vir dit. Want hulp van die media kry ons beslis nie.
Hoe hardcore is Volkspeler? En... hoe hardcore is jy?
Nie so heavy nie. Wat is nou heavy omtrent kindermishandeling, gesinsmoord, verkragting, fatal car crashes, moord met tuinvurke en spyker-planke en demone? Baie van hierdie emo-kids met hulle swart klere en make-up is baie meer hard-core as ek. Ek het nie eers 'n fokken tattoo nie. So wat weet ek nou eintlik?
Jy hardloop nou al jare met Volks Masjien. Dit sluit onder andere Volkspeler en Malboer in, maar met watter ander projekte is jy tans besig... en as jy 'n bose plan het, wat is dit, of sal jy my moet doodmaak as jy my vertel?
Nee fokkit. Ek gaan binnekort pa word. So net die tyd sal leer of ek in staat gaan wees om tyd te maak vir nog projekte. Ek het so 'n nare gevoel aan my gat dat dit die laaste Volkspeler album gaan wees. Maar, daar sal weer iets kom. As mens nie skep nie, word mens fokken mal. Solank jy IETS doen. As jy elke jaar terugkyk, en sien daar is darem iets wat jy geskep het. Al is dit 'n comic wat niemand lees nie. Die vreemde gevoel wat ek het, dat ek nog steeds niks sinvol geskep het nie, spoor my aan om aan te gaan. Dalk is ek net fokken kranksinnig.
Wat is julle boodskap aan die Bybie-Bybie Brigade, met ander woorde, sou julle Kurt Darren (sonder sy lyfwagte) in 'n donker steeg in Hillbrow raakloop, wat sal julle vir hom wil sê... of aan hom wil doen?
Fok net voort. Hoe meer kak jy produseer, hoe meer spoor dit my aan om beter, meer oorspronklike musiek te maak. Dis soos 'n reaksie en 'n teen-reaksie. Bly julle maar oppervlakkige, ryk gekke, ek sal gaan delf en my siel verkoop vir iets meer sinvol waarmee mense kan assosieer.