A
gri Wes-Kaap is in die proses om ‘n
strategiese oplossing vir misdaadbekamping aan verskeie rolspelers
vir hulle steun voor te lê. Dié plan
om misdaad aan te spreek is deur Agri WesKaap se beleidskomitee vir landelike veiligheid
opgestel. Agri Wes-Kaap hoop om dit binnekort aan die Wes-Kaap Wetgewer voor te lê.
Agri Wes-Kaap, sê maatskaplike verval het
gelei tot ‘n situasie waar daar geen respek vir
die wet, wetstoepassers, gesagstrukture en
dissipline in huishoudings en gemeenskappe is
nie. Dit is nodig om die skaal met misdaadbekamping aan die een kant, en die land se
sosiaal-maatskaplike probleme aan die ander
kant, te balanseer.
Die betrokke beleidskomitee is in 24 uurkontak met plaaswagte, die SAPD, affiliasies
en ander rolspelers en doen gereelde misdaadopnames onder affiliasies om misdaadtendense en -syfers aan produsente en sleutelrolspelers te kommunikeer. Dit is op grond van
hierdie inligting dat Agri Wes-Kaap ʼn
strategiese oplossing saamgestel het wat
berus op die uitgangspunt dat sosiaalmaatskaplike toestande as die kern van die
misdaadprobleem waarmee die landbousektor
te kampe het, aangespreek moet word.
Volgens mnr Opperman lê die oplossing in die
integrasie van die verantwoordelikhede van
alle rolspelers om die misdaadsiklus teen te
werk. Gesamentlike, geïntegreerde en gefokusde optrede is nodig om waardes, respek
en integriteit na gemeenskappe terug te bring.
Die mening dat dit slegs die SAPD se rol en
taak is om misdaad te bekamp, is agterlosig
en naïef. Agri Wes-Kaap meen hul strategie
kan suksesvol buite die landbou-sektor ook
geïmplementeer word om misdaad aan te
spreek.
Mnr Carl Opperman, uitvoerende hoof van
Die nasionale misdaadstatistieke wat onlangs