Agri Kultuur September / September 2015 | Page 8

http://tumby.com.au/images/future-of-farming031-300x212.jpg logie is redelik nuut en duur maar hou beslis potensiaal in. Oes-sensors sal uiteindelik boere help om kunsmis op die mees effektiewe manier toe te dien wat die opname en potensiële uitloging van afloop in die grondwater te verminder. Velddokumentasie Aanboord monitors en GPS het die vermoë om opbrengs, toedieningskoerse en bewerkingspraktyke te dokumenteer. Tewens, boere het nou reeds op ‘n punt gekom waar hulle oor soveel goeie data beskik dat dit soms oorweldigend raak om te besluit hoe om dit sinvol aan te wend. Uit die aard van die saak is elke boer se gunsteling vorm van dokumentasie die opbrengskaart (yield map). Dit som ‘n jaar se harde beplanning en werk op ‘n kleurvolle kaart op. Soos wat die oestoerusting deur die land beweeg, bereken dit opbrengs en voginhoud en ko-ordineer dit met GPS ko-ordinate. Sodra dit klaar is word dit uitgedruk in kaart vorm. Hierdie kaarte word dikwels hitte kaarte (heat maps) genoem. Vergelyk hiermee saam ook weerradar kaarte. Elke kleur op die kaart verwys na ‘n spesifieke opbrengs reeks. Die boer kan nou sien watter variëteite het die beste, swakste of bestendigste opbrengs onder verskillende toestande opgelewer. Kaarte soos hierdie kan onder andere aan die boer inligting verskaf oor hoe goed ‘n land se dreineringsisteem funksioneer. Al hierdie data stel die boer in staat om beter agronomiese besluite in die toekoms te neem. Biotegnologie Biotegnologie of genetiese manipulasie (GM) is nie ‘n nuwe tegniek Elke boer se gunsteling vorm van dokumentasie: die opbrengskaart nie, maar is ‘n baie belangrike hulpmiddel met groot potensiaal wat wag om ontwikkel te word. Die meer bekende vorms van GM is sekerlik onkruiddoderbestandheid. Hiernaas moontlik insekbestandheid. Gewasse kan ontwikkel word om gifstowwe te produseer wat sekere soort peste kan beheer. Maatskappye in die groepe benut Bt toksiene wat dieselfde gifstof is wat in sommige organiese plaagbeheermiddels aangetref word. Gebruik van hierdie nuwe tegnologie bespaar die boer op plaagmiddels, brandstof, arbeid en slytasie op toerusting. Nuwe biotegnologie soos droogtebestandheid en stikstof-gebruik doeltreffendheid is tans nuut op die boerderyverhoog. In kort beteken dit dat gewasse vanweë hierdie kenmerke kan staatmaak op aanvaarbare opbrengste in tye van droogte. ‘n Ander manier om hierna te kyk is dat besproeiingsboere aansienlik kan terugsny op besproeiingswater sonder dat die gewasse en potensiële opbrengs onnodig benadeel word. Stikstof- opname doeltreffendheid verseker insgelyks vermindering wat kunsmisstowwe en aanverwante besparings vir die landbouer. Soms kan al hierdie kenmerke in seker soorte gewasse ingebou word. Genetiese manipulasie is egter steeds ‘n uiters kontroversiële strydpunt wêreldwyd, met voorstanders en teenstanders daarvan om verskeie redes waarop ons nie in hierdie bydrae sal ingaan nie. Moenie vergeet om die beestoilet te spoel nie Ek is seker dat die meeste persone bewus is van die waarde van beesmis as bemestingstof. Hier is egter ‘n baie interessante metode wat ‘n sekere boer in Kalifornië aanwend om die beste uit sy suiwelbeeskudde se afval te verkry. ‘n Outomatiese sisteem benut water om die mis vanaf die kudde se staanplekke af weg te spoel na ‘n opgaararea waar dit uiteindelik al die soliede gedeeltes opdroog. Hierna kan die soliede mis verwyder word en verder geprosesseer en benut kan word. Die vloeibare mis word na ‘n ander