“Die groot verskeidenheid programme wat vanjaar by Agri-Expo
Livestock aangebied word, sowel as
die groeiende aantal deelnemers
aan die ras- en interraskampioenskappe is ‘n bewys dat
telers hierdie geleentheid beskou as
een van die belangrikste platvorms
in die Suid-Afrikaanse skoubedryf,”
sê Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende
Beampte van Agri-Expo.
Agri-Expo Livestock vind plaas van
15 tot 17 Oktober op Sandringham,
Stellenbosch en is reeds in sy aanvangsjaar as die goue standaard
van die veebedryf beskou. Hierdie
vertoonvenster fokus uitsluitlik op
die suiwel- en vleisbedrywe, van
primêre produksie, regdeur die
waardeketting tot by die verbruiker.
“Hierdie holistiese benadering bring
die landbouer en die publiek nader
aan mekaar,” aldus Ehlers.
Rondom die skouring
Besoekers sal verseker vasgenael sit
rondom die Biomin Skou-arena,
met ras- en interraskampioenskappe wat in vyf-en-negentig
klasse van Donderdag, 15 Oktober
tot Saterdag, 17 Oktober van 09:00
tot 18:00 elke dag in die arena
plaasvind. Ayrshire, Holstein, Jersey
en Rooi- en Swart Angus rasse van
oral oor die land ding mee vir die
gesogte titels van Absa Suiwelkoningin en BKB Beeskoning of –
koningin vir 2015.
Die vleisbees interraskampioenskappe vind plaas op Saterdag 17
Oktober en beloof om ‘n skouspel
soos min te wees met 10 rasse wat
reeds bevestig is. Dit maak dit een
van die grootste interraskampioenskappe wat die Wes-Kaap nog
opgelewer het.
Dit neem jare se teling en kennis
om ‘n kampioen te teel en met
topgehalte diere wat tydens Livestock vertoon word, kan be-soekers
‘n uitsonderlike ervaring om die
skouring verwag. Die arena lewer
ook hierdie jaar die Mutual &
Federal Agri Wes-Kaap Streekjeugskou op, wat van 09:00 tot 11:00
op Saterdag 17 Oktober plaasvind.
Santam vertoonarena
Aktiwiteite soos skaapskeerdemonstrasies en wolklassering, die Dairy
Exchange Jogurt eetkompetisie,
Percherons en Alpacas wat om die
ring paradeer, demonstrasies met
slange, ‘n skaaphond demonstrasie
op die Saterdag en geleentheid vir
dorpskinders om ‘n melkbok om die
ring te lei, is van die opwindende
vooruitsigte wat Agri-Expo Livestock hierdie jaar inhou. Bring die
hele gesin vir ‘n pretbelaaide dag
propvol gesonde vermaak.
opvoedkundige programme vir
die hele gesin
Die veebedryf bied ‘n magdom
loopbaan opsies aan jongmense en
daarom word omvattende opvoedkundige programme by Agri-Expo
Livestock aangebied. ‘n Interaktiewe program wat die breë
spektrum van die suiwel- en vleisbedrywe uitbeeld, sluit onder
andere in die Diversey Wasplek,
waar kinders kan sien hoe diere
gewas word ter voorbereiding van
hul vertoning in die Biomin Skouarena, die GEA Melkstal, waar koeie
gemelk word, aanbiedings oor die
gesondheidsaspekte van suiwel- en
vleisprodukte sowel as die verskillende rasse waarmee geboer word.
Kinders sal ook geleentheid kry om
oor loopbaankeuses te gesels.