Agri Kultuur September / September 2015 | Page 7

aanduiding van waar die dier hom bevind, of dit stres ondervind of selfs gereed is om gedek te word. Dit word deesdae ook met vrug aangewend om veediefstal en onge -diertes te beheer. https://www.deere.com/common/media/images/product/equipment/agricultural_management_solutions/ site_specific_farming/application_pro_modules/r2/hero/application_pro_modules_642x462.png Strookkontrole en veranderlike toe-dieningstegnologie produktief is kan die toedieningsmaat van ‘n inset soos kunsmis aangepas word om meer of minder toe te dien op ‘n gegewe tydstip. Dit is ‘n groot voordeel vir ‘n plaas. In plaas van die toediening van ‘n vasgestelde toedieningsratio van kunsmis oor die totale land kan die operateur nou toediening uitvoer wat die mees geskikte vir ‘n spesifieke stuk aarde sal wees. Jou trekker kan praat Telematika (telematics) word beskou as een van die groot deurbrake in die landbou. Hierdie tegnologie laat toerusting toe om met die boer, toerustinghandelaars en selfs ander toerusting te kommunikeer. Verbeel jouself dat jy ‘n probleem in die land optel en moet ophou werk. Met telematika kan jou handelaar toegang tot jou trekker se aanboord diagnostiese stelsel kry. Afhangend van die probleem, kan hy moontlik die toerusting daar en dan herstel sonder dat jy vir ‘n werktuigkundige moet wag om te ry tot by die plaas. Jy kan feitlik onmiddellik aangaan met jou taak en die handelaar het ‘n rit gespaar. Boere is voorts in staat om te weet watter toestand hul toerusting in verkeer, wat die brandstofverbruik is, die werksure en vele meer. Trekkers kan selfs onder mekaar kommunikeer. Die beste voorbeeld hiervan is waar kombinasietoerusting soos ‘n graanwa gebruik word. Graanwaens moet saam met ‘n oesmasjien ry sodat laasgenoemde materiaal kan aflaai sonder om te stop. Telematika kan die graanwa-operateur inlig wanneer die masjien vol raak met graan. Nog beter, is die resultaat wanneer een graanwa twee kombinasies moet bedien. Die drywer weet presies wanneer watter masjien eerste moet aflaai. Die nuutste op hierdie vlak is dat die kombinasie (Combine) operateur in werklikheid senderkontrole uitoefen op die trekker wat die graanwa trek soos dit nader beweeg. Dit gee hom die voordeel daarvan om die wa tot die ideale posisie vir vulling te maneuvreer. Wat van jou koei? Nekbande vir groot-en kleinvee het deesdae menige funksies en help produsente met die beheer en bestuur van hul kuddes. Sensors in die bande stuur inligting na die boer se slimfoon en gee hom ‘n Radio-frekwensie identifikasie plaatjies (RFID) is ook ‘n handige hulpmiddel vir veebestuur. Inligting op die plaatjies help met die presisie rekordhouding van individuele diere. Daar is selfs RFID plaatjies beskikbaar wat in hooibale geplaas word tydens die baalproses. Data soos voginhoud en gewig kan so gestoor word om later ges kandeer en benut te word. Besproeiing met selfoontegnologie Mobiele tegnologie speel ‘n groot rol in die monitering en kontrolering van besproeiingstelsels. Met die regte toerusting kan die boer sy besproeiingstelsels van sy foon of rekenaar beheer in plaas daarvan om noodwendig na die land toe te ry vir die doel. Vogsensors in die grond is in staat om inligting oor die vlak van voginhoud in verskillende gronddieptes te kommunikeer. Hierdie verhoogde buigbaarheid maak voorsiening vir meer akkurate waterkontrole en ander insette soos bemesting wat deur besproeiingstelsels toegedien word. Boere kan dit ook kombineer met ander tegnologie soos VRT wat vroeër genoem is om die toevoer van water te beheer. Weet hoe jou oes voel. Oes-sensors neem VRT na ‘n volgende vlak. In plaas daarvan om ‘n voorgeskrewe bemestings kaart vir ‘n land te ontwikkel voordat jy uitgaan om dit toe te dien, kan jou oes-sensors presies bepaal hoeveel om in werklike tyd toe te dien. Optiese sensors is in staat om waar te neem hoeveel kunsmis ‘n plant benodig gebaseer op die hoeveelheid lig wat na die sensor teruggereflekteer word. Hierdie tegno-