Verwerking en vertaling deur Chris Kriel
B
oere was nog altyd planmakers. Die gesegde, ’n
boer maak ‘n plan, is
daarom nie om dowe
neute geskep nie. Dit is bevestig
net waar onverwagte probleme en
herstelwerk op die plaas ‘n krisis
mag skep, ‘n boer nege uit die tien
keer daarin slaag om met vaardigheid uit nood gebore, die probleme
die hoof te bied.
Ons boere is ook bekend daarvoor
dat hulle graag hul hand waag aan
nuwe tegnologie. Deesdae is toerusting op menige plaas baie gesofistikeerd: van trekkers wat hulself bestuur, tot koeie wat per slimfoon ‘n boodskap stuur wanneer
hulle gereed vir dekking is.
Hieronder volg ‘n paar van die
nuwe ontwikkelings en tegno-
logiese vernuwings wat deesdae
toenemend aangewend word.
Trekkers op “autopilot”
Danksy GPS, kan trekkers, gekombineerde toerusting, spuite en vele
ander hulself akkuraat deur die
land bestuur. Nadat die gebruiker
die aanboord rekenaar ingelig het
oor die wydte van die pad wat deur
‘n gegewe stuk toerusting gedek
moet word, sal hyself ‘n kort afstand bestuur om ‘n A tot B punt
en ‘n lyn te bepaal. Hierna sal die
GPS stelsel ‘n roete hê om te volg
wat die lyn in parallelle lyne sal
ekstrapoleer volgens die wydte van
die toerusting wat gebruik word.
Hierdie stelsels is ook in staat om
kurwelyne akkuraat te bepaal. Die
opsporingstelsel word aan die
trekker se stuurstelsel gekoppel wat
“Kyk Ma, geen hande!”
dit dan outomaties op koers hou en
die fisiese bestuur daarvan deur ‘n
persoon, oorbodig maak. Dit gee
aan die operateur die geleentheid
om ‘n ogie oor ander dinge te hou.
Dit is veral meer effektief vir ploeëry
aangesien dit menslike oorvleuelingsfoute uitskakel wat uiteindelik
brandstof en tyd bespaar.
Strookkontrole (swath control) en
veranderlike toedieningstegnologie
Strookkontrole en veranderlike toedieningstegnologie (VRT ) is gebaseer op GPS tegnologie. Dit is
hier waar die tegnologie ‘n groot
invloed het op die opbrengs op die
belegging. Die boer is totaal in
kontrole van die strook waaroor ‘n
gegewe stuk toerusting in die land
beweeg. (sien video)
Besparings vloei voort uit verminderde gebruik van insette soos
saad, kunsmis, onkruiddoders ens.
Aangesien die grootte en vorm van
lande oneweredig is, sal daar noodwendig oorvleueling in enige toedienings wees. Danksy GPS kartering, weet die toerusting reeds
waar dit al was. Strookkontrole sluit
sekere gedeeltes van die toediener
af as dit oor areas van oorvleueling
beweeg wat voorkom dat dubbele
toediening plaasvind.
Veranderlike toedieningstegnologie
werk op ‘n soortgelyke wyse. Gegrond op produksiegeskiedenis en
grondtoetsing, kan die boer ‘n
voorsriftelike GPS kaart vir ‘n inset
bepaal. Deur te weet watter areas
van ‘n land die meeste en minste
http://egnos-portal.gsa.europa.eu/sites/default/files/content/tractor_inside.JPG