Agri Kultuur September / September 2015 | Page 3

Redaksie | Editorial M et die lente in volle swang begin ons reeds, soos in die woorde van Leipoldt uitsien na “… die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!” Ja, lente is ‘n seisoen van vernuwing met ‘n ontploffing van trosse bloeisels, jong blaartjies wat uit hul skedes bars, die reuk van vars grond na die reën en ‘n tyd om nogmaals moed te skep vir dit wat die toekoms inhou. It is a time of innovation, renewal for the earth, the spirit and body. Healthy curiosity is the key to innovation and it is once again that time of year to let creativity loose and to come up with something new and fresh, something which will benefit and inspire yourself, your family, your community and those that need hope in the world. In die gees van die seisoen is hierdie maand se tema vir Agri Kultuur daarom, heel gepas, Vernuwing in die Landbou. Net so min as wat ons voorouers ooit kon dink dat die mens op die maan sou kon land of honderde miljoene kilometers die ruimte sou invaar of ruimtetuie op asteroïdes sou kon land, net so min het ons gedink dat ons in die landbou op ‘n stadium sou kom waar trekkers hulself kan bestuur, aanboord rekenaars en GPS vir die korrekte toediening van saad, kunsmis en onkruiddoder sal sorg, jy met ‘n slimfoon jou boerdery kan behartig, ongediertes beheer, foto’s neem en vele meer. Selfs jou finansiële sake, arbeid, transportbeheer en vele meer kan deesdae by wyse van ‘n geskikte toep (app) bestuur word. It is indeed incredible what innovation in agriculture has achieved in the past decade. As always, our loyal contributors and advertisers succeeded in providing us with a myriad of articles relevant to this theme. At the recent Agri Mega Week Expo we were also astounded by the new improvements and innovations developed and available in the market place in the relative short period of only one year. Wie van ons sou ooit ‘n paar jaar gelede jouself kon indink dat radiobeheerde miniatuur hommeltuie (drones) so ‘n groot rol in die presisiebestuur van jou plaas sou kon speel? Agri Kultuur is voorts trots om ‘n aantal nuwe skrywers en kenners by ons immergroeiende medewerkers te voeg. Kyk gerus maar na die bydraes van Prof Anna-Maria BothaOberholster, Lindy Rose en Karlien van Zyl, Dr Saskia Dietz en die nuwe energie wat hul bydraes tot hierdie uitgawe bydra. Baie dankie ook aan al ons gereelde skrywers wat, ten spyte van vol programme, altyd bereid is om te sorg dat Agri Kultuur van krag tot krag kan gaan. Vir sover dit lekker eet en resepte betref verwelkom ons ook vir Ina Paarman, welbekende skryfster, besigheidsvrou en kok wat in die toekoms maandeliks vir ons resepte verantwoordelik sal wees. Last but not least just a message to our readers. You can read Agri Kultuur/Culture on your computer, laptop, smartphone or tablet wherever you are: It is absolutely free. Also visit our revamped website and tell us what you think. If you haven’t subscribed yet, do it now! – as I said it’s FREE, and will ensure your receiving our link to the magazine monthly. Till we speak again Chris