area gevoer, vanwaar hy dit onder
andere benut om sy oeste te besproei/bemes of dit kan herbenut
word om die mis uit te spoel. ‘n
Gemeterde stuk toerusting hou
hom heeltyd op die hoogte van
hoeveel vloeistof gebruik word
sodat slegs die korrekte hoeveelheid
op sy gewasse toegedien word.
Oortollige voedingstowwe hou die
potensiaal in om grondwater te
besoedel maar die boer het hiervoor ook ‘n plan. Besproeiingsafloopwater word in damme opgegaar en oor en oor in die siklus
aangewend.
Ultraklank en ander kontrepsies
vir vee.
Dit word nie net aangewend om
ongebore fetusse in die baarmoeder waar te neem nie. Ultraklank kan ook benut word om vleiskwaliteit te bepaal alvorens ‘n dier
na die slagpale vervoer word. DNA
toetse help produsente om diere te
identifiseer met goeie stambome en
ander wenslike kwaliteite. Dié inligting kan dan nuttig gebruik word
om die kuddes te verbeter.
Daar’s ‘n toep daarvoor.
Mobiele tegnologie is deesdae
groot in die landbou en brei feitlik
daagliks uit. Boere gebruik toenemend die sosiale media vir verskeie redes. Sommiges gebruik
toeps (apps) om tred te hou van
arbeiders en ander personeel.
Hoekom dan nie sommer terwyl jy
op die trekker sit gou- gou op
twitter te twiet nie, jou trekker
bestuur hom dan self en jou hande
is vry om ander noodsaaklike en
minder noodsaaklike dinge aan te
pak.
Toeps kan jou besproeiing en
graan-stoor stelsels beheer. Die
flitslig-toep kom dikwels handig te
Lees AgriKultuur op jou tablet of slimfoon terwyl jou trekker homself bestuur
pas en selfs die kamera kan goed
op die plaas gebruik word. Hoe
dikwels moes jy al ‘n stuk masjinerie
uitmekaar haal en weer aanmekaar
sit om dan met ‘n paar ekstra
onderdele te sit wat jy nie kan
onthou waar hulle inpas nie.
Gebruik jou kamera en skakel die
probleme grootliks uit!
Jou selfoon het deesdae toeps wat
jou via GPS inlig oor jou grondtipes,
landbounuus en markte, insekplae,
berekenings vir die meng van onkruiddoderoplossings en vele meer.
Sommige apps gee aan die boer
toegang tot oesvolwassenheid en
moet jy ‘n handelaar besoek, stel jy
slegs jou GPS app in en jy word
direk daarheen gelei.
Jy bereik dus nou ‘n stadium waar
jy feitlik al jou data wat ons vroeër
van gepraat het nou op slimfoon en
tablette met jou kan saamdra.
Glimlag vir jou kamera
‘n Tendens wat al hoe meer vandag
gesien word is dat kameras regoor
die plaas geïnstalleer word. ‘n
kamera wat terugkyk en op
kombinasie-oestoerusting of ander
toerusting gemonteer word het ‘n
wye aanwendingsmoontlikheid. So
kan jy blinde kolle uitskakel en ‘n
ogie hou oor wat agter jou gebeur.
Veeboere kan kameras opsit by hul
skure, voerkrale en weidingsareas
wat beelde terugsend na ‘n sentrale
punt soos jou huisrekenaar, selfoon
of tablet. Sodoende kan jy ‘n beter
ogie hou oor jou diere in terme van
dinge soos kalwing/lam, ongediertes, diefstal en dies meer.
‘n Kombinasie van al hierdie dinge
en die toenemende integrering
daarvan in jou boerdery kan ‘n
groot verskil maak aan jou boerderysuksesse, veiligheid en vele
meer.
Bronne: Brian Tomlinson uit
http://12most.com/2012/03/12/
advanced-agricultural -technologies/