Agri Kultuur September 2014 | Page 6

Artikel & Foto’s deur Johan Verster ‘n Boer het eendag die opmerking gemaak. “As dit nie vir die tegnologie was nie, is daar vir my nie veel in boerdery nie.” D it het my laat dink, veral in aggenome dat dit nie van ‘n jong man af kom nie. Ek kan hierdie stelling ook omdraai en sê dat as dit nie vir die landbou was nie, daar ook nie vir ons veel in die ontwikkeling van tegnologie was nie. Tye en omstandighede het so verander dat tegnologie al meer gebruik moet word om praktiese oplossings te bied vir struikelblokke in die boerdery en om meer winsgewend te kan wees. Al meer boere moet ook hulle belange oor afstande bestuur en beskerm as gevolg van omstandighede buite hulle beheer wat die risiko’s skerp laat styg. Die aanwending van tegnologie in die landbou is egter niks nuuts nie en is deel daarvan vir solank landbou bestaan. Die beste idees vir ontwikkeling en vooruitgang kom per slot van rekening van die persoon wat die probleem ervaar. Daar is ongelooflik baie produkte en oplossings tans in die mark beskikbaar vir verskeie applikasies, maar dit is belangrik om altyd te kyk na praktiese en koste effek- tiewe oplossings wat ontwikkel word met inagneming van die boer se insette. Die beste oplossings is natuurlik altyd die een wat so na as moontlik aan ‘n geslote sirkel kom. Ons wil nie net die opdrag op een van die talle maniere met tegnologie gee en aanvaar dit het gebeur nie, natuurlik is die ideal om terugvoering te kry dat dit wel gebeur het. Daar is talle oplossings wat dit wel bied, maar weereens is dit belangrik wat prakties en koste effektief is vir elke verbruiker. “Om te meet is om te weet”: Indien ons die toename in die koste van elektrisiteit, kunsmis, brandstof, arbeid en plaagbeheer middels in ag neem, om slegs ‘n paar te noem, kan ons verstaan hoekom daar so ‘n tegnologiese ontploffing plaasgevind het veral op van hierdie gebiede. Indien ons die toename in diefstal hierby insluit, raak die impak wat dit op daaglikse boerdery aktiwiteite kan hê astronomies. Ek gaan slegs ‘n paar algemene kopsere, waarmee baie boere daagliks te doene kry, hier aanraak en kyk na watter oplossings beskikbaar is om die boerdery aktiwiteite makliker en meer bekostigbaar te maak. Damme wat leeg raak, hetsy vir bepsroeiings doeleindes of vee suipings: Hiervoor is oplossings beskikbaar wat die boorgat pomp of ander bron wat die dam voer, outomaties kan aan- en afskakel na gelang van die watervlak in die dam. Dit sal verhoed dat die dam leeg raak. Kabel, radio of GSM oplossings is onder andere hier beskikbaar. Spilpunte wat uit lyn uit loop en gaan staan. Vir die spilpunt mark is daar baie omvattende oplossings Outomatiese beheer van besproeiings krane d.m.v radio beheer.