Agri Kultuur September 2014 | Page 51

Deur Arnand Stofberg se leefkoste kan dra wanneer die opvolger begin boer nie. Tweedens moet daar betyds beplan word wie gaan die opvolger/s wees en in die geval van meer as een opvolger moet daar besin word of hulle saam gaan boer of die boerdery verdeel en of daar genoeg grond is om volhoubaar te wees vir die getal opvolgers. Besigheidstruktuur Dit is ook belangrik om te besin of die boerdery in die regte struktuur bedryf word (bv. alleeneienaar, Beslote Korporasie, trust of maatskappy) omdat elkeen unieke voordele en nadele bied ten opsigte van belasting, die verkryging van finansiering en regsaanspreeklikheid. “Benchmarking” Dit is altyd goed as daar norme beskikbaar is waarteen die boerdery se finansiёle prestasie gemeet kan word. Dit sal uitwys waar die boerdery ‘n mededingende voordeel het en waar swak punte is waaraan gewerk moet word. Daar is 6 stappe wat gevolg kan word om die finansiële bestuur van ‘n boerdery te vergemaklik. Stap 1: Bespreek die huidige besigheidstruktuur met ‘n finansiёle kenner en besluit of daar veranderinge nodig is. Indien wel, doen dit so gou as moontlik. Stap 2: Besin oor die risiko waaraan die boerdery onderworpe is en kyk saam met ‘n kundige op die gebied na die versekering en planne wat in plek is. Indien daar veranderinge nodig is voer dit deur. Stap 3: Stel ‘n deeglike begroting en kontanvloei begroting vir die komende jaar op. Stap 4: Maak seker dat ‘n behoorlike stelsel van boekhouding en rekordhouding in plek is om werklike inkomstes en uitgawes te meet. Monitor die kontantvloei begroting op ‘n maandelikse basis (vergelyk begrote syfers met die werklike syfers ) en kyk na afwykings van die begroting en moontlike oorsake. Stap 5: Meet die boerdery se resultate teen die beskikbare norme vir die bedryf en indien daar groot afwykings is probeer vasstel wat die oorsake is. Stap 6: Doen opvolgbeplanning en boedelbeplanning en hersien gereeld om aan te pas by veranderende omstandighede. Deur goeie finansiёle bestuur toe te pas en van kundiges gebruik te maak kan die produsent groter winste maak, meer gemoedsrus hê en beter fokus op die boerdery self. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: Boshoff Visser Worcester (Edms) Bpk; Boshoff Visser Upington (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser raai alle lesers aan om met 'n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word.