Agri Kultuur September 2014 | Page 50

B oerdery is lankal nie meer net ‘n leefwyse nie, maar ‘n besigheid wat volgens gesonde finansiёle beginsels bestuur moet word om suksesvol en volhoubaar te wees. In die hedendaagse mededingende omgewing is dit noodsaaklik vir oorlewing en vooruitgang dat die finansiёle sy van die boerdery met net soveel sorg bestuur word as die produksiekant. Finansiёle bestuur vir ‘n boerdery behels ‘n wye spektrum van punte waaraan aandag gegee moet word waarvan die volgende die belangrikste is. Kontantvloei bestuur Aangesien produsente in die meeste bedrywe (bv. koring en mielies ) eers ‘n hele jaar (seisoen) se uitgawes aangaan voor hulle oes en dan gewoonlik eers later betaal word vir die oes, plaas dit geweldige druk op die boerdery se kontanvloei. By bedrywe waar daar met langtermyn gewasse geboer word (bv. vrugte en wyndruiwe) is daar die bykomende druk van vestigingskoste wat aangegaan word, die eerste oes wat eers na twee tot drie jaar of langer ingesamel word en gelykbreekpunt wat gewoonlik eers na sewe tot nege jaar bereik word. Inkomste bestuur Met die afskaf van gereguleerde pryse en die koms van die vryemark stelsel in Suid-Afrika se landbou is die produsent nie meer verseker van die prys wat hy vir sy produk gaan kry nie. Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie aangesien daar ook baie geleenthede oopgegaan het om beter pryse te kry, maar dit veroorsaak nogtans dat ‘n deeglike kennis van die werking van vraag en aanbod, wisselkoerse, termynmarkte, die tydwaarde van geld en baie ander ekonomiese be- ginsels deesdae deel van die suksesvolle produsent se arsenaal moet uitmaak. Weereens moet daar van kundiges gebruik gemaak word as die produsent nie self oor die nodige kennis beskik nie. Uitgawe bestuur Dit bly steeds een van die belangrikste aspekte van finansiёle bestuur en is dikwels die enigste een waaroor die produsent regtig beheer het. Dit is in baie gevalle (veral by produkte wat moeilik op gehalte onderskei kan word), die enigste manier om ‘n mededingende voordeel bo ander produsente van dieselfde landbouproduk te kry. Met al hoe meer mededinging vanaf die buiteland en al hoe minder beskerming vanaf die regering sal die landbousektor se kostebestuur van uiterste belang word om te oorleef. Risiko bestuur Boerdery is een van die bedrywe wat aan die meeste risiko blootgestel is. Behalwe vir die gewone versekering van geboue en voertuie moet produsente ook aandag gee aan werkgeweraanspreeklikheid, publieke regsaanspreeklikheid (bv. waar veldbrande versprei, damme breek of diere oor paaie loop) en oesversekering (die premies is gewoonlik baie duur maar in gebiede wat bekend is vir bv. haelskade is dit soms die moeite werd). Ander aspekte van risiko bestuur is diversifikasie (om nie al jou eiers in een mandjie te hê nie) en om in goeie jare te bou aan ‘n noodfonds vir die dag as daar ‘n misoes kom. Opvolg bestuur Omdat die meeste boerderye in privaat besit is, is opvolgbeplanning van uiterste belang. Eerstens moet die huidige produsent voldoende voorsiening maak vir sy aftrede aangesien die plaas nie skielik twee gesinne