Agri Kultuur September 2014 | Page 46

Artikel deur Prof Hennie Snyman Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT D ie hantering en oorbrugging van seisoenale of rampdroogtes, wat groot dele van ons land se weiveldgebiede kenmerk, is dikwels ‘n turksvy vir die veeboer. Die moontlike oplossing vir hierdie probleem is geleë in die verbouing van ‘n ander turksvy naamlik Opuntia spesies. Die besondere doeltreffende waterbenutting van die doringlose turksvy maak dit by uitstek ‘n plant om te oorweeg in die droër weivelddele, waar ‘n droogte meer die reël as die uitsondering is. Dit is bekend dat ongeveer 65% van die weivelddele van Suid-Afrika gemiddeld 500 mm of minder reënval per jaar ontvang. In hierdie droër gebiede bemoeilik voerskaarstes dikwels ‘n konstante voervloeiprogram vir die veeboer. Daarom is dit belangrik dat die beperkte reënval, wanneer dit wel beskikbaar is, so effektief moontlik deur die regte plante benut sal word. Ten einde die doeltreffendheid waarmee die turksvyplant reënval kan benut te kwantifiseer is twee doringlose turksvyspesies naamlik Opuntia ficus-indica (kultivar Mora- do of groenblad) en O. robusta (kultivar Monterey of bloublad) oor ‘n vier jaar periode aan die Universiteit van die Vrystaat (Weidingkunde afdeling) ondersoek. Een tot vier jaar oue plante wat in die sentrale grasveldgebied met ‘n langtermyn gemiddelde reënval van 530 mm, teen 5 m tussenry spasiëring en 5 m spasiëring binne ‘n ry gevestig is, is nagevors. Daar is tans meer as 40 verskillende turksvy­kultivars in Suid-Afrika beskikbaar wat as uitstaande voergewas of vir die bemarking daarvan as vrugte vir menslike gebruik, verbou word. In hierdie studie is slegs die bekende blou-blad beesturksvy (O. robusta) en een van die groenblad (vrugte) tipes gebruik vir die waterbenuttingstudie. Bogrond tot ondergrondse verhouding Die plant beskik oor ‘n relatief vlak en goed verspreide wortelstelsel, soveel so dat dit in die eerste jaar na vestiging reeds sover as 1.7 m vanaf die moederblad horisontaal kan ontwikkel. Die plant word daartoe instaat gestel deur sy geweldig aanpasbare wortelstelsel wat verskeie worteltipes insluit. Die worteltipe wat die turksvyplant juis uniek maak is die reënwortels, wat binne slegs een uur na ophef-fing van ‘n droogte, reeds soveel as 1 mm kan groei. Geen ander plant is instaat om die turksvyplant dit na te doen deur so vinnig op reënval te reageer nie. Die reënwortels, wat ‘n kenmerkende en opvallende wit kleur het, groei slegs vir drie dae na ‘n reënbui, waarna groei totaal stop en die wortels verkurk en later afsterf. Die funksie van die reënwortels is dus daarin geleë om die blaaie so vinnig moontlik met water te vul Groot hoeveelhede water kan dus in ‘n relatief kort periode in die blaaie opgegaar word, wat in veral die droër dele van ons land belangrik is waar waterverlies na ‘n reënbui juis vinnig plaasvind. ‘n Mens sou kon verwag dat weens die sukkulente geaardheid en droogte oorlewingsvermoë van die turksvyplant, dit oor ‘n groter wortelmassa in verhouding tot die bogrondse komponent moet beskik. Hierdie navorsing het net die teendeel bewys. ‘n Volwasse turksvyplant beskik oor slegs 14 tot 17% wortels in verhouding tot die