boere te nagekom omrede hulle nie die regte waarde
vir hul produk kry nie.
Meeste Karoo boere weet hulle produseer ‘n unieke
produk, maar min van hulle is in staat om waarde toe
te voeg en te versprei na die verbruiker. Hul produk
vorm deel van die kommoditeitsmark en verdwyn in
die niet tussen lammers van voerkrale, ander streke
van Suid-Afrika (en selfs Namibië!) en word dan in
kettingwinkels onder oninspirerende en vaal name
soos ‘free range’ of ‘natural’ verkoop.
Hierdie bekommernis oor die misbruik van die naam
Karoo asook die feit dat Karoo Lam nie sy regte prys
kry nie, het daartoe gelei dat Karoo produsente in
2009 ’n versoek aan die Karoo-ontwikkelingstigting
(KDF) gerig het om Karoo Lam te beskerm soos
Sjampanje en Parma Ham in Europa.
Omrede Suid-Afrika nie spesifieke wetgewing het om
streeksname te beskerm nie moes die KDF toe van bestaande wetgewing gebruik maak om ‘n manier te
vind om die oorsprong van Karoo vleis te beskerm.
Kom ons kyk vir eers na hoe die huidige wetgewing die
gebruik van die woord Karoo Lam verbied ( Nota: dit is
verbasend hoe min boere hiervan weet en hoe baie
boere en handelaars die wet oortree!):
Is dit onwettig om die woorde “Karoo Lam” op vleis of
vleisprodukte aan te bring? Die antwoord is Ja, maar
as jy aan sekere wetlike voorskrifte voldoen mag jy.
Foto: Abe Louw
Vervolgens bied ons ʼn kort op-somming van die wette
wat die gebruik van die woord Karoo Lam op vleis
reguleer.
Onder artikel 15 van die WET OP LANDBOUPRODUKSTANDAARDE, (WET No. 119 VAN 1990) is Regulasie
No. R. 863 (Regulasies betreffende die klassifisering en
merk van vleis bestem vir verkoop in die Republiek van
Suid-Afrika) in 1 September 2006 uitgevaardig.
Ingevolge regulasie 23(2) van die klassifiseringsregulasies stipuleer dit dat geen gehaltemerk op ‘n
karkas of op die vleis daarvan aangebring mag word
nie. ‘n Gehaltemerk word beskou as ‘n aanduiding
wat die verbruiker kan beïnvloed in sy/haar keuse
wanneer die vleis gekoop word. Dit sluit dus die oorsprong van die karkas in en dus word dit algemeen
aanvaar dat “Karoo” ʼn gehaltemark is. Spesiale toestemming moet dus gegee word indien ‘n persoon of
‘n instansie op karkasse en die vleis daarvan ‘n gehaltemerk wil aanbring. Dit is verder ook so dat ‘n slagpale,
slagplek of abattoir nie eers die woord “lam” in die
verkoopsproses mag gebruik as die instansie nie die
SAMIC oudit vir vleisklassifikasie geslaag het nie.
Om aan hierdie reëls onder die Wet op Landbouprodukstandaarde te voldoen het die KDF in 2011 ‘n
protokol geregistreer om die woorde “Certified Karoo
Meat of Origin” op karkasse en vleisprodukte wat uit
die Karoo kom aan te bring. Plase, abattoirs en kleinhandelaars moet aan die reëls van die protokol