Agri Kultuur September 2014 | Page 30

Artikel en Foto’s deur Prof Johann Kirsten UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Een van die jongste verbruikerstendense in die voedselbedryf is die behoefte by die verbruiker om die oorsprong, geskiedenis en gesondheidswaarde van kos te weet en te verstaan. U nieke smaak en die gedagte om direk met jou produsent die kan praat oor die produk wat jy aan smul is iets waarna iedere een strewe. Die stories oor kos maak die maaltyd interessant en vul die samesyn tussen vriende en familie aan. Dit is as gevolg van hierdie tendens dat produkte soos Karoo Lam geweldige aftrek kry in die media. Voedselrubrieke (sien bv. LBW se Boerekos winteruitgawe 2014), radio en TV programme (soos Kokkedoor Kersfees Desember 2013) en tydskrifte is vol oor die uniekheid van Karoo Lam. Selfs Tim Noakes sê deesdae dat ʼn dieet met Karoo Lam as die basis baie gesond is. enige skaap ‘n Karoo-pedigree agter sy naam kon skryf. Die sertifisering van Karoo-vleis van oorsprong is ‘n baie groot stap om kontreispesifieke produkte te beskerm en te bewaar. Dra vleis die sertifiseringsmerk van Karoo lam van oorsprong, dan kan jy weet dat die Karoo lam die geure van Karoobossie met hom saamdra. Jy weet dat die lam vry kon wei, geen antibiotika en groeihormone toegedien is nie – kortom die Ware Jakob is. Ek reken dat kontrei-egte gesertifiseerde Karoo lam die geur van die dekade gaan wees: en dat een-voudige lamsvleisgeregte met minimum geurmiddels herontdek sal word om die unieke geure daarvan ten beste te vertoon.” So skryf Errieda du Toit onlangs in die Huisgenoot: In hierdie unieke reputasie van die naam “Karoo” en spesifiek Karoo Lam, lê daar geweldige kommersiële waarde opgesluit. Baie entrepreneurs skroom nie om die woorde ‘Karoo Lam’ te gebruik nie, al is dit nie eers uit die Karoo nie! Menige restaurant kondig met trots op hul spyskaart aan dat hulle “Karoo Lam” bedien. As jy dan die sjef uitvra oor waar in die Karoo die lam vandaan kom, kry mens antwoorde soos “ek weet nie”; of “Malmesbury/Gouda” of “Christiana”. So word daar vir die verbruiker gejok en verder word die arme Karoo “Een van die belangrikste verwikkelinge is die bewuswording van hoe waardevol ons unieke kosskatte is. Wat werklik verblydend is, is projekte om egtheid van kontreiprodukte en tradisionele spesialiteitsgeregte te beskerm. Dis ‘n riem onder die hart dat ons in SuidAfrika met dieselfde erns as die Europëers die konsep van geografiese oorsprong begin ondersteun. Rooibos en heuningbos was maar net die begin – en nou is dit die beurt van Karoo lam. Verby is die dae dat sommer