Gevorderde navorsing en nuwe hulpmiddels soos
biotegnologie het ’n omwenteling in die landbou
teweeggebring deur boere te help om meer te produseer
en die omgewing beter te bewaar, terwyl hulle poog om in
die stygende aanvraag na kos te voorsien.
Hierdie hulpmiddels help hulle om uitdagings te oorkom
soos beperkte hulpbronne (water en grond), ekstreme
weerstoestande as gevolg van klimaatsverandering,
asook plae wat om voedsel meeding.
Biotegnologiese gewasse en die voedsel- en veselprodukte
wat daaruit gekweek word, is van die gewasse wat die
meeste op grootskaal getoets, getipeer en gereguleer
word. Na 15 jaar van produksie en meer as 1 miljard
hektaar wêreldwyd, was daar nog geen nadelige effekte
gedokumenteer van die voedsel wat gekweek is van
biotegnologiese gewasse nie.
Inteendeel, biotegnologiese gewasse (GM-gewasse) het
’n gesonder omgewing tot gevolg deur die verminderde
gebruik van insekdoders en verminderde kweekhuisgasse
terwyl dit aansienlike hoër opbrengste tot gevolg het.*
Te danke aan maatskappye soos Monsanto is ons
verseker van veilige, gesonde voedsel** wat volhoubaar
geproduseer word.
Lees meer oor die veiligheid van GM-gewasse op www.monsanto.com.
Monsanto is daartoe verbind om lewens te verbeter deur die landbou te verbeter.
* Volgens Brookes en Barfoot, 2013, het biotegnologiese gewasse van 1996 tot 2011 bygedra tot voedselsekerheid en volhoubaarheid deur gewasproduksie
met US$98,2 miljard te verhoog. Dit het ook bygedra tot ‘n gesonder omgewing deur die gebruik van insekdoders te verminder met 473 miljoen kg aktiewe
bestanddele. In 2011 alleen is CO2-uitlating met 23,1 miljard kg verminder, gelykstaande daaraan om 10,2 miljoen motors van die pad af te verwyder.
** Regulatoriese liggame wêreldwyd, soos die Voedsel- en Landbouorganisasie, Wêreldgesondheidsorganisasie, die Europese Kommissie,
die Franse Akademie vir Geneeskunde, die Amerikaanse Mediese Vereniging, en die Amerikaanse Genootskap van Toksikologie het
bevind en gestaaf dat GM-voedsel veilig is vir die mens se gesondheid.
http://www.sho.int/foodsafety/publications/biotech/20questions/en/
http://ec.europa.eu/research/biosociety/pdf/a_decade_of_eu-funded_gmo_research.pdf
Meer oor Monsanto Maatskappy
Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings
en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is
daarop gefokus om boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hulle die wêreld se natuurlike
hulpbronne, soos water en energie, toenemend bewaar.
Monsanto is ‘n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk,
Posbus 69933, Bryanston, 2021. Tel: 011 790-8200 of [email protected]
uppe marketing A10118
Gegewe die huidige bevolkingsgroei dui alles daarop dat
die wêreldbevolking die 8 miljard-merk gaan bereik teen
2025. Om kos op die tafels van ’n groeiende bevolking te
sit, bly ’n uitdaging.