Agri Kultuur September 2014 | Page 21

areas op die land. operateur se bestuursvermoeë nie. Daardie kaarte word gebruik om vergelykings te tref tussen die grondontledingsdata en die werklike opbrengsdata, om sodoende die grond op ‘n vlak te kry dat die hele land optimale opbrengs lewer en die opbrengs nie meer so baie wissel van area na area binne dieselfde land nie. Navigasie is die vinnigste manier om geld te bespaar. Dit stel die voertuigoperateur, hetsy dit ‘n trekker, stroper, spuit of platsnyer is, in staat om meer presiese spasiering tussen die bane te volg, wat dus dubbelle bewerking of applikasie asook die los van openinge tussen bane minimaliseer en selfs uitskakel. Die stroperkaarte word ook gebruik as verwysing om plantdigtheid en kunsmishoeveelhede aan te pas met plant volgens die hoër en laer potensiële opbrengsareas. Dit word gedoen deur ‘n hoër toedinging te doen op die hoër opbrengspotensiaal grond, en ‘n laer toediening op die laer opbrengspotensiaal grond. Navigasie van masjienerie Satelliet- of GPS-navigasie bestaan hoofsaaklik uit ‘n GPS-ontvanger en ‘n skerm wat vir die operateur wys watter areas reeds bewerk is en watter areas nie. Dit gee indikasielyne waarop die trekker moet ry om presies parallel aan die vorige bewerkte baan te ry. Deel van die GPS-navigasiestelsel is die opsionele automatiese stuurstelsels wat gekoppel kan word met die GPS om sodoende die trekker presies op die indikasie lyne te bestuur sonder dat daar enige menslike fout in die stuuraksie betrokke is. Dit bring besparings in insette mee, aangesien die spasiëring tussen trekker bane nou presies is en nie by benadering is volgens die Saam met die navigasie is ‘n gewilde opsie outomatiese seksiebeheer op spuite en planters. Outomatiese seksiebeheer bestaan uit die bogenoemde GPS navigasie stelsel wat vaslê waar reeds toediening gedoen is. Dit gee dan die instruksie deur na die implement om outomaties die seksies van die implement aan en af te skakel soos dit oor ‘n area wat reeds toediening ge-kry het al dan nie beweeg. Toerusting Daar is natuurlik verskeie handelsname beskikbaar om presisieboerdery toe te pas. Trimble en AgLeader presisietoerusting is gewilde opsies wanneer dit kom by navigasie, automatiese bestuur (auto steer), spuit-seksiebeheer, mielieplanter seksiebeheer, strooierbeheer, plantermonitering en beheer, stroper opbrengsmonitering, asook verskeie ander toepassings. Presisieboerdery is ‘n gespesialiseerde veld omdat die behoefte en opsies van grond en toerusting verskil van plaas tot plaas. Daarom gaan ‘n Opbrengsmonitering en autostuur word gelyktydig op ‘n stroper gedoen deur een stelsel nommerpas behoeftebepaling benodig word om die regte aanbevelings te kan kry vir elke plaas. Nuutste tegnologie Die nuutste ontwikkelling in proses en wat reeds gedeeltelik beskikbaar is, verbind presisieboerdery, masjineriefabrikate, kliënte en presisiekonsultante op ‘n nuwe vlak met mekaar. Met ‘n nuwe afdeling, genoem “Telematics” word daar by die huisrekenaar ‘n volledige verslag gegee van wat met die die masjien in die veld gebeur. Inligting wat beskikbaar is, sluit in: die brandstofvlak, brandstofverbruik, watertemperatuur, grondspoed, oliedruk, enjinure, hoeveel ure voor dienstyd, trekker besig om te werk of stilstaande, waar dit besig is om te werk, hoeveel tyd gestaan en hoeveel tyd gewerk, hoeveelheid hektaar per uur gewerk word, ens. Met landboumasjinerie soos stropers kan daar opstelvergelykings tussen die masjiene gedoen word om sodoende die masjiene wat minder effektief werk, ook op te stel soos die masjien wat die meeste effektiwiteit deurgee, en sodoende al die masjiene optimaal laat werk. Produktiwiteit Só kan daar rekord gehou en bestuur gedoen word op verskeie masjiene in verskeie areas regoor die wêreld, alles vanuit die gerief van die kantoor. Verdere ontwikkelling is in proses dat die masjien self kan bepaal as Met die opbrengskaarte beskikbaar kan verskeie bestuursbesluite en –aanpassings gedoen word