Agri Kultuur September 2014 | Page 19

 Verhoogde ensiem-aktivering vir die plant se metaboliese bestuur en nutriënt-opname  Verhoging in die konsentrasie van die komplekse plantsuikers/ voedingstowwe (Brix)  Verhoging in die konsentrasie van absesiensuur en plantsapgeleiding  Verhoogde fotosinteseaktiwiteit;  Balans tussen fotosintese en respirasie. Indien dié effek van verhoogde ensiem-aktivering verder gebruik word in die energiebestuur en plantbeskermingsproses kan die volgende verwag word:  Deur ETP saam met ‘n essensiële, dog moeilik blaaropneembare element soos Ca te gebruik, kan die effek uitsonderlik wees. Die kombinasie van die verhoogde ensiemaktivering en sekondêre metabolietgetjeleerde Ca, vorm Ca-calmodium (ensiem), wat as ‘n tweede boodskapper optree vir die sintese van “beskermings” proteïene.  ‘n Soortgelyke effek kan verkry met die verhoogde opname van K deur die sekondêre metabolietgetjeleerde K om die rypwordingsensiem se konsentrasies konstant te hou. Dit sorg vir ‘n meer egalige rypwordingsproses.  As gevolg van bg veranderinge in die plant se metabolisme, is daar ‘n noemenswaardige verhoging in suiker-, stysel- en aminosuur-produksie binne die plant. Hierdie uiters gunstige toestande het ‘n verbeterde blom- en vrugvorming, en derhalwe verhoogde opbrengs en raklewe tot gevolg. Nog ’n verdere verhoging in plant- energie kan bewerkstellig word deur die optimale bestuur van toegediende Nitrate teenoor Ammonium in die plant. Dit kan bewerkstellig word met die gebruik van die sekondêre metaboliettjelering van Ca en K as alternatief tot Kalsiumnitraat en Kaliumnitraat. Dit het tot gevolg dat die plant minder Nitrate na Amiene moet reduseer vir die Krebbs-proses wat nodig is vir die produksie van amino -sure. Die verlaging in reduksie het ‘n verlaagde plantrespirasie tot gevolg, wat die kosbare gekomplekseerde plantsuikers en beskikbare energie behou. Gliogrow is ‘n natuurlike produk wat geen residu na toediening laat nie en kan effektief op enige gewas gebruik word voordat die plant in ‘n hoë energie behoefte fase ingaan. (Inisiasie, Seldeling en Vrugvul)