Agri Kultuur September 2014 | Page 25

Is dit veilig vir gebruik in die landbou? Die gebruik van nanotegnologie is uiteenlopend met toepassingsmoontlikhede wat strek van farmaseutiese middels tot die landbou. Die tegnologie, soos met enige nuwe tegnologie, wek vrae oor toksisiteit en omgewingsimpak. Daarom word aanbeveel dat slegs getoetste en aanvaarde nanogebaseerde produkte gebruik word vir spesifieke aanwending. Die veiligheid van nano/mikro strukture tussen 0.1 en 1 µm word algemeen aanvaar. Figuur 1: Totale sink (Zn) inhoud van mielieplant 4 h na blaarbespuiting (LSDT<0.05 =76.08). Zn EDTA = 2.0 % oplossing w/v, ZnSO4 = 1.36 % oplossing w/v, AnnGro® = 0.03 % suspensie. Die konsentrasie Zn toegedien was vir elke behandeling dieselfde. Is dit al in die veld beproef en hou dit voordele vir die landbou in? Die potensiaal van nanotegnologie, meer spesifiek AnnGro ®, om die effektiwiteit van beide makro- en mikro-elemente te verbeter is deur veldproewe geverifieer. Resultate het oor seisoene heen inderdaad getoon dat AnnGro® die volgende voordele inhou:  verhoogde opname van bemestingstowwe (vloeibaar of korrelvorm opgelos in water) wat as blaarbespuitings aangewend word (Figuur 1) Figuur 2: Graanopbrengs van besproeiingsmielies gedurende die 2010/11 groeiseisoen in 3 verskillende areas in die Noord-Kaap om die effektiwiteit van AnnGro® saam met UAN toegedien aan te dui. Behandelings toegedien was UAN en UAN+AnnGro® teen 40 kg N/ha as kantbemesting drie weke na opkoms en daarna ingewas met besproeiingssisteem met 5 mm water. Proef 1: KV = 14.7%, Proef 2: KV = 7.6%, Proef 3: KV = 4.5%.  verhoogde opname van vloeibare bemesting toegedien deur besproeiingssisteme (Figuur 2). Wie behoort dit te gebruik? Gewasprodusente wat ‘n behoefte het om die effektiwiteit van toegediende bemestingstowwe te verbeter en dus daarop gefokus is om meer winsgewend te boer. Waar kan ek AnnGro® kry? Sidi Parani, ‘n gevestigde kunsmis verskaffer in Suid Afrika, gebruik AnnGro® in die OPTI- reeks van produkte. Kontak gerus u naaste Sidi Parani agent of kontak Sidi Parani direk by: +27(0)53 298 2817 www.sidiparani.co.za Navrae: Dr. Riaan Buitendag; e-pos: [email protected]