Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 58

Dit help eerstens om hul karakter te vorm, ‘n jeugskou kind is net anders as die gewone kind. Dan help dit hulle om vaardighede aan te leer soos hantering van diere, skeer van diere, die maak van geregte (by kullinêre kuns). Als moet op die regte manier en in die regte volgorde gedoen word, hulle leer ook konsentreer en dit bevorder dan uiteindelik ook hul skoolwerk. Hiervan het ons al baie voorbeelde gesien. Dit bevorder ook spanwerk omdat daar ook as ‘n groep gesamentlik geskou word. Dit prikkel ook die leerder om moontlik eendag ‘n landbourigting te studeer, iets wat dalk nie voorheen oorweeg is nie.” Van AgriKultuur se kant, baie dankie vir die harde werk wat ieder en ‘n elk ingesit het om die Mutual en Federal Agri Nasionale Kampioenskappe 2015 moontlik te maak, dit was ‘n voorreg om die toewyding, entoesiasme en dissipline te sien waarmee hierdie jongmense hul sport beoefen.