Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 56

Artikel deur Chris Kriel Foto’s deur Gerhardi Boltman en Chris Kriel D ie Mutual en Federal Agri Nasionale Jeugskou Kampioenskappe is hierdie jaar in Williston deur sowat 400 deelnemers van 9 provinsies bygewoon. Klein en groot, manlik en vroulik, ondersteuners en deelnemers, beoordelaars en toeskouers van regoor die land het behoorlik die dorpie uit sy nate laat bars. Al wat ‘n inwoner is moes van 4 tot 7 Oktober iewers hand bysit om vir die groot toestroming voorsiening te maak en soos net klein gemeenskappe dit kan doen, het almal saamgewerk om die besoekers te laat welkom voel en reëlings so vlot moontlik te laat verloop. Skoudiere is van heinde en verre aangery om deelnemers in staat te stel om teen mekaar te kompeteer en moes daar bontgestaan word om af te laai, te versorg, te voer en water te gee vir die groot kompetisie wat voorlê. Kategorieë waaraan deelgeneem kon word sluit in:  Kulinêre kuns,  Suiwelbereiding  Varke  pluimvee,  wedvlug- en sierduiwe  vleisskape  Vleisbokke  Melkbokke  Wolskape  Veselbokke  Konyne  Perde  vleisbeeste en  suiwelbeeste. Elk van hierdie kategorieë het sy eie unieke stel reëls waarvolgens deelnemers in die volgende ouderdomsgroepe beoordeel word:  Junior-junior (jonger as 10 jaar)  Junior (10-14 jaar) en  Sienior (15-18 jaar) Dit sluit onder andere ‘n teoretiese vraestel, was, voorbereiding en vertoon van die betrokke diere in – voorwaar ‘n kuns wat kennis, vaardigheid, konsentrasie en deursettingsvermoë van die jong deelnemers vereis om nie eers te praat van die spesiale toerusting, sjampoe, politoer, haarsproei, borsels, kamme en ander spesiale goetertjies wat in die verskillende